18:00 - 18:10

Nuus & Weer

Nou op die lug: 18:10 - 19:00

RSG Geldsake met Moneyweb

Met Ryk van Niekerk

Ryk van Niekerk

Volgende: 19:00 - 19:05

Nuus

19:05 - 19:15

Aandboekvoorlesing

Tuis | Potgooi | Potgooi Episode

Soek nog potgooi

Praat Saam

Maandag 11 Oktober 2021

Praat saam 11 Oktober 2021

Suid-Afrikaners maak gereed vir die plaaslike regeringsverkiesings op 1 November. In weerwil van die sosio-ekonomiese uitdagings en die opwinding van ‘n eerste keer gaan stem is daar jongmense wat geen belangstelling het om te stem nie. Wat is die impak van kiesersapatie en die wegblystem op die uitslae van ‘n verkiesing?

Vrydag 8 Oktober 2021

Praat saam 8 Oktober 2021

Leerders met spesiale behoeftes trek dikwels aan die kortste ent. Die sentrum waar hulle skoolopleiding ontvang, moet fokus op die kind se ontwikkeling as persoon, hulle gesondheid, sosiale en intelektuele groei en dat hulle ‘n toekoms het. Wat is egter die beste opsie: ‘n spesiale skool of ‘n gewone skool met ondersteuning vir insluiting? Ons praat oor skole en onderrig vir kinders en persone met gestremdhede.

Donderdag 7 Oktober 2021

Praat saam 7 Oktober 2021

Die leier van die EFF, Julius Malema, sê sy party is ten gunste daarvan dat die Wes-Kaapse regterpresident, John Hlophe, die volgende hoofregter word. Hlophe is een van agt benoemdes wat lede van die publiek vir die pos voorgestel het. Die Vryheidsfront Plus het Hlophe en die Openbare Beskermer, Busisiwe Mkhwebane, se insluiting op die benoemingslys vir die pos gekritiseer. Wie dink jy moet die paneel met erns oorweeg en aanstel?

Woensdag 6 Oktober 2021

Praat saam 6 Oktober 2021

Tydens die kieserregistrasieveldtog in Soweto in September het ANC-president Cyril Ramaphosa inwoners belowe dat hulle elektrisiteitsprobleme binnekort iets van die verlede sal wees. Inwoners word gereeld geraak deur lang kragonderbrekings, wat vererger word deur kabeldiefstal en ontploffings by substasies. Ramaphosa sê hy het reeds met die Minister van Openbare Ondernemings, Pravin Gordhan, vergader en dat Eskom binnekort sal begin werk om die probleme uit te stryk. Inwoners van Naledi in Soweto het aan Ramaphosa gesê die ANC luister net na hulle griewe voor ‘n verkiesing, maar daar word niks gedoen om dienslewering in die gebied te verbeter nie. Hoe word kragtariewe en kragvoorsieng as ‘n speelbal gebruik, en instellings verpolitiseer in die aanloop tot ‘n verkiesing?

Dinsdag 5 Oktober 2021

Praat saam 5 Oktober 2021

Die DA se burgemeesterskandidaat vir Kaapstad, Geordin Hill Lewis, het die leier van die GOOD-party, Patricia de Lille, uitgedaag om die behuisingskwessie in die stad te takel. Hy meen sy moet haar invloed as Minister van Openbare Werke gebruik om groot stukke grond beskikbaar te stel vir behuising. De Lille sê bekostigbare behuising in gebiede wat strategies geleë is, is noodsaaklik om probleme met stadsbeplanning uit die vorige bedeling te oorkom. Ons kyk na die rol wat kwessies soos grond en behuising in die plaaslike verkiesing kan speel.

POTGOOI (aanddiens)

INTERAKTIEF

Volg ons op sosiale media: