11:00 - 11:05

Nuus

Nou op die lug: 11:05 - 11:30

Leefwêreld van die gestremde

Met Jacqui January

Jacqui January

Volgende: 11:30 - 12:00

Rand en sent

Met Jody Hendricks

12:00 - 13:00

Nic se goed

Met Nic de Jager

Tuis | Potgooi | Potgooi Episode

Soek nog potgooi

Radioteater

Dinsdag 24 Desember 2019

DIE ENGELTJIE WAT AGTERBEBLY HET deur Piet Cillié

Trinkie en Sussie hou saam met hulle ouers somervakansie by Willie se Baai. Op die vooraand van Kersfees neul hulle oudergewoonte vir 'n Kersverhaal, want Pappie se stories is, anders as die wat mens in boeke kry, altyd amper die waarheid... Gou sit hulle vasgenael deur die storie van die engeltjie wat aarde toe gekom het om saam met die engelekoor te sing by die geboorte van die Jesuskind, en toe, ewe stout, agtergebly het, om vir twee duisend en 'n bietjie jare die aardbol te omswerf!

Dinsdag 24 Desember 2019

DIE KRISMISBOKKIE deur Audrey Blignaut

Die verhaal speel af in Bredasdorp gedurende die vyftigerjare. Christopher is 'n hipersensitiewe natuurkind wat moeilik aanpas op die dorp. Hy dreig telkens om weg te loop plaas toe, tot sy pa eendag by die huis aankom met 'n geskenk vir hom – 'n klein blou duikertjie, wat Christopher se lewe handomkeer verander, tot groot verligting van die res van die gesin. Maar die lewe gee en die lewe neem.... En Kersfees draai heel anders uit as wat enigeen kon voorspel het.

Donderdag 19 Desember 2019

MAN OP DIE MAAN deur Helena Mellet

Op 'n plaas op die Kaapse platteland boer Charl en sy dogter Carli met 'n klomp beeste. Die ander dogter, Bella, is die eienaar van 'n galery op Stellenbosch. Sy kom kuier vir 'n naweek op die familieplaas. Mina, die plaashuis se huishoudster, en Bella deel 'n geheim oor die “man op die maan” – een wat hulle met niemand deel nie, tot iets gebeur wat almal tot in hulle fondamente skok. Intussen het Carli 'n ogie op die nuwe veearts op die dorp, en gaan kuier dalk te gereeld om “raad te kry” vir haar beestetrop. Hennie se ma dink Charl is 'n goeie vangs, maar sal hy die beleefdheid beantwoord? Waar is Carli en Bella se ma? En wie is die man op die maan?

Donderdag 12 Desember 2019

KULKIEKIES deur Deon Johnston

Hannes is glad nie beïndruk met sy ma se alewige foto's van hom op haar Facebookbladsy nie. Om die waarheid te sê, hy pes dit! Een aand is daar huismoles by die bure, en Hannes verfilm die hele petalje met sy selfoon en plaas dit op sy eie sosiale media. Waar trek mens die streep met foto's en video's van jou kinders (en jou bure) op sosiale media? Wanneer word menseregte aangetas, of jou reg op privaatheid? Dikwels kan onskuldige handelinge lei tot groot tragedies.

Donderdag 5 Desember 2019

DIE TJELLO deur Michiel Potgieter

'n Begaafde tjellis verbreek sy kontrak met die Sinfónica de Galicia in Spanje, vlug na sy ouers se plaas en kruip in sy kamer weg. Niks of niemand kan hom uit sy depressie lig nie, maar toe ontdek hy 'n antieke tjello op die solder van sy oupa se huis en vind sy ander helfte.

POTGOOI (aanddiens)

INTERAKTIEF

Volg ons op sosiale media: