15:05 - 17:45

Spitstyd

Met Willem Pelser

Nou op die lug: 17:45 - 18:00

Brandpunt

Volgende: 18:00 - 18:10

Nuus & Weer

18:10 - 19:00

RSG Geldsake met Moneyweb

Met Ryk van Niekerk

Tuis | Potgooi | Potgooi Episode

Soek nog potgooi

Radioteater

Vrydag 10 April 2020

DIE LEË GRAF deur Helena Hugo

In die Paastyd herleef ons opnuut die kruisdood van Jesus, maar ook sy opstanding. Vir Nikodemus gaan dit gepaard met 'n geloofstryd. Kan hy sy posisie in die Sanhedrin prysgee om Jesus openlik te bely, of skuil hy vir die res van sy lewe onder die dekmantel van die nag?

Donderdag 9 April 2020

DIE GOUE KRING deur Uys Krige

Hierdie argiefdrama is 'n liriese en poëtiese drama oor die geliefdes Ferdinand en Isabella wat graag wil trou, maar dan daag 'n aantreklike jong man op. Hy is op soek na Moeder Mart, maar weier om te sê hoekom. Die aktrise Hannah Botha vertolk die rol van Violetta. Botha was onder andere bekend om haar rolle in die TV-reekse Nommer Asseblief, Agter elke man en Egoli. Die Goue Kring handel oor die kringloop van die lewe en dood en is geskoei op 'n legende uit die Portugese literatuur. Die temas sluit in die mens se hoogmoed en luiheid; en hoe die lewe geen sin het sonder die dood nie. Die ander spelers sluit in Douwlina Grobler, Andre Stolz. Matthys du Toit en Frans Kalp. Die verhoogstuk is vir die radio verwerk deur Hermien Dommisse. Die regisseur was Evert Snyman. Uys Krige sou in Februarie 2020 sy 110de verjaardag gevier het. Hy is met die Hertzogprys bekroon vir sy dramas.

Donderdag 2 April 2020

AS ONS TWEE EERS GETROUD is deur Gerhard J. Beukes

Frans en Malie van der Merwe is op die vooraand van hulle silwer huweliksherdenking, maar besef dan dat hulle nie 'n huweliksertifikaat het nie. Is hulle werklik getroud of leef hulle al die jare in “sonde” saam? Die klein Kallie het boonop sy “dieretuin” - bestaande uit 'n koggelmander, muis, spinnekop, padda en slang - in die voorkamer laat ontsnap. Wat is Oupa besig om uit sy broek te skud? En wat kruip oor die kussing? Midde hierdie konsternasie probeer Malie en haar twee dogters, Santjie en Annelise, om van Oupa ontslae te raak. Sal die weduwee, mevrou Bloom, die stuitige oupa uit hulle pad en sake kry? Trix Pienaar en Johan van Jaarsveld vertolk die hoofrolle in hierdie lekkerlag-klug. Die ander spelers sluit in 'n jong Jan Ellis as Kallie, en wyle Kitty Albertyn as mevrou Bloom.

Donderdag 26 Maart 2020

MIKE EN MAVIS deur Wessel Pretorius

Mavis Kellerman is 'n weduwee wat haarself afgesluit het van die wêreld. Sy e-pos slegs haar dogter en gaan nog kerk toe. Dan word sy na die opening van 'n nuwe bioskoop wat spesialiseer in klassieke rolprente, genooi. Die eienaar, Mike Lewis, is 'n eksentrieke oujongkêrel met 'n ewige romantiese siel. Mavis besef gou dat Mike daarop uit is om haar hart te steel en bevind haarself aan die ontvangkant van 'n vryery in haar herfsjare. Hierdie is 'n gewilde argiefdrama, wat in Afrikaans en Engels aangebied word. Die akteurspaar Elize Cawood en Wilson Dunster speel die hoofrolle.

Woensdag 25 Desember 2019

FAAN SE TREIN deur Pieter Fourie

Faan woon saam met sy pa en hulle huishoudster, Truia, in 'n klein Karoodorpie waar hy heeltemal begogel word deur treine. Faan word erg deur die skoolseuns gespot en soms raak hy self die spoor effe byster. Sy pa en die dominee dreig hom. As hy hom nie gedra nie, sal hy weggestuur word… Dis 'n aangrypende drama wat aan die rolprent, Forrest Gump, herinner.

POTGOOI (aanddiens)

INTERAKTIEF

Volg ons op sosiale media: