23:10 - 23:59

Tjil

Nou op die lug: 23:10 - 23:59

Deurnag (Maandag)

Volgende: 05:25 - 05:55

RSG Landbou

Met Lise Roberts

05:55 - 06:00

Vroegoggendgedagte

Tuis | Potgooi | Potgooi Episode

Soek nog potgooi

Radioteater

Donderdag 20 Augustus 2020

BLOMME VIR DIE WINTER deur NP van Wyk Louw

Blomme vir die winter speel af in Parys, Frankryk, en is 'n verhaal oor onbeantwoorde liefde. 'n Man koop blomme vir 'n vrou wat hy eendag per toeval raakgeloop het, maar soos water, glip sy keer op keer deur sy vingers. Hoe bewys hy aan haar dat hy werklik vir haar omgee en vir haar lief is? Die spelers is Richard van der Westhuizen, Rina Nienaber, Bettie Kemp, Leona Rich en Francois Stemmet. Die regisseur is Robert Young. Young het in Julie 2020 sy tagtigste verjaardag gevier.

Saterdag 25 Julie 2020

MIKE EN MAVIS deur Wessel Pretorius

Mavis Kellerman is 'n weduwee wat haarself afgesluit het van die wêreld. Sy e-pos slegs haar dogter en gaan nog kerk toe. Dan word sy na die opening van 'n nuwe bioskoop wat spesialiseer in klassieke rolprente, genooi. Die eienaar, Mike Lewis, is 'n eksentrieke oujongkêrel met 'n ewige romantiese siel. Mavis besef gou dat Mike daarop uit is om haar hart te steel en bevind haarself aan die ontvangkant van 'n vryery in haar herfsjare. Hierdie is 'n gewilde argiefdrama, wat in Afrikaans en Engels aangebied word. Die akteurspaar Elize Cawood en Wilson Dunster speel die hoofrolle.

Donderdag 2 Julie 2020

KRAG deur Lee Doubell

Dit is 2020. Suid-Afrika is vir die derde keer in grendelstatus, en die landsburgers is siek en sat vir die virus en die rigiede regulasies. Hester is 'n noodlynoperateur wat sedert die begin van die derde inperkingstyd besonder hard werk. Tussendeur al die oproepe waaraan sy gewoond is, kom daar een laatmiddag 'n oproep deur van 'n bejaarde vrou wat 'n noodgeval beleef. Sy't probleme met haar krag, en Hester moet uiteindelik protokol laat vaar om die tannie te help... Die rolle word vertolk deur Karen Wessels, David Louw, Johny Klein, Elize Cawood, Mari Molefe van Heerden en Botha Enslin.

Donderdag 25 Junie 2020

ELLA SE PERDE deur Charles J. Fourie

Die bekroonde toneelstuk is spesiaal vir die radio verwerk, en handel oor die “perdevrou van die Overberg”, Ella Gordon Dove Colston. 'n Legende van die Hemel-en- Aarde-vallei kry hier roerend nuwe lewe.

Donderdag 18 Junie 2020

DIE BLIKSLIM deur Martyn le Roux

'n Savant wat rolprente, van die draaiboeke tot die vervaardigers en akteurs, soos die palm van sy hand ken, ontmoet 'n aanvallige nagraadse sielkundestudent tydens 'n rolprentvertoning. Aanvanklik is hy vir haar 'n interessante gevallestudie, maar kort voor lank ontwikkel daar 'n hegte vriendskap tussen hulle, wat haar lewe permanent sal verander. Savantsindroom is 'n toestand waarin iemand met 'n beduidende verstandelike gestremdheid sekere vermoëns ver bo gemiddeld toon. Een van die bekendste rolprente oor 'n savant is Rain Man met Dustin Hoffman in die hoofrol. Die rolle word vertolk deur Pietie Beyers, Cindy Swanepoel, Rina Nienaber, Mari Molefe van Heerden, Johny Klein en David Louw.

POTGOOI (aanddiens)

INTERAKTIEF

Volg ons op sosiale media: