23:10 - 23:59

Tjil

Nou op die lug: 23:10 - 23:59

Deurnag (Sondag)

Volgende: 06:00 - 06:10

Nuus & Weer

06:10 - 06:55

Oggendstemming

Met Tharien Oosthuizen

Tuis | Potgooi | Potgooi Episode

Soek nog potgooi

Radioteater

Donderdag 8 Oktober 2020

MOF EN SY MENSE deur C.J. Langenhoven

Frikkie van Zyl en sy aangenome suster, Poppie, woon op 'n plaas in die Klein Karoo tydens die Spaanse griepepidemie van 1918. Frikkie tree op as versorger op buurplase, en met sy terugkeer bring hy 'n klein hondjie as geskenk vir die gestremde Poppie saam. Ten spyte van al die teenspoed wat oor hulle pad kom, vind hulle troos in mekaar en in die hondjie se teenwoordigheid. Die spelers is Wessel Pretorius, Karli Heine, Susanne Beyers, Carel Nel, Pierre Nelson, Charl van Heyningen en Dean Balie.

Donderdag 1 Oktober 2020

BLOEDMAAN deur Martyn le Roux

Bloedmaan is is die opvolg van die veelbekroonde BLOEDLYN (2015). Die storie neem ons na die hartjie van die Tankwa-Karoo. ʼn Groot skroef is los in die Sutherland-omgewing. Dit lyk of ʼn reeksmoordenaar daar bedrywig is. Een van die moorde volg egter nie die patroon nie, en lyk baie soos ʼn herhaling van die 'wolfmoorde' wat destyds in die Boland gepleeg is - ʼn onaangename herinnering wat die polisie en baie ander eerder sou wou vergeet of in ʼn bottel iewers in ʼn kroeg sou wou verdrink… Die rolle word vertolk deur Robbie Wessels, Neil Sandilands, Christine Voorendyk, Johny Klein, Francois Stemmet en Solomon Cupido.

Donderdag 1 Oktober 2020

‘N TRAGIESE KÊREL, TEEN WIL EN DANK deur Anton Tjechof

Anton Tjechof, Russiese dokter en dramaturg en kenner van die mens en sy pyne, ondersoek die pyne van armsalige huishouer en eggenoot, Iwan Iwvanowietsj. Hy is stuurgoed, nie slegs vir sy eie vrou en pantoffelregering nie, maar sommer die hele dorp se vrouens as hy 'n slag stad toe kom. Nico Luwes, wat die stuk verwerk het vir die radio, speel Iwan, terwyl die rol van sy stadsvriend, Alexey met die simpatieke oor, vertolk word deur Johann Nel. Hierdie RSG produksie is moontlik gemaak deur 'n borgskap van Nasionale Kunsteraad.

Donderdag 24 September 2020

OU WYNTOON EN DIE WEERLOSE KREATUUR deur Anton Tjechof

Anton Tjechof, Russiese dokter en dramaturg en kenner van die mens en sy pyne, gee vir ons met Ou Wyntoon en die Weerlose Kreatuur 'n kykie in die geesteslandskap van 'n jiglyer. Kistoenof, die bankbestuurder, het hom die vorige aand vergryp aan te veel rooiwyn, en dra nou die gevolge van sy vergryping. Sy lyding word haas ondraaglik wanneer 'n 'weerlose' kliënt met onredelike eise haar opwagting by die bank maak. Die 'weerlose kreatuur' word deur Esther von Waltsleben gespeel. Pochatkin, die jong bankassistent met 'n versigtige houding, word vertolk deur Jan-Hendrik Opperman. En Johann Nel gee lewe aan Kistoenof, Ou Wyntoon. Cassi Lowers versorg die produksie tegnies. Hierdie RSG-produksie is moontlik gemaak deur 'n borgskap van die Nasionale Kunsteraad.

Saterdag 29 Augustus 2020

DIE AASVOËL deur Elton Louw

’n Man sit rustig en rugby kyk, wanneer ’n jong inbreker hom onkant betrap. Die twee mans wil mekaar aan die keel gryp, maar besef dat hulle baie meer in gemeen het as wat hulle ooit sou kon raai… Die storie gaan oor menslikheid en kyk na van die sosiale kwessies aan wat baie mense daagliks in die gesig staar, naamlik werkloosheid en armoede. Wat as die lewe jou so druk dat ‘n misdaad soos inbraak die enigste opsie is? Die storie verduidelik ook wat dalk kan gebeur as mens op die verkeerde tyd op die verkeerde plek bevind, of dalk die regte plek op die regte tyd? Die storie sorg vir ’n verrassende kinkel. Die spelers is Denver Vraagom en André Samuels.

POTGOOI (aanddiens)

INTERAKTIEF

Volg ons op sosiale media: