19:15 - 19:20

Aandgedagte

Nou op die lug: 19:20 - 19:30

Nal'ibali

Volgende: 19:30 - 20:00

Kompas

Met Barrie Ferreira

20:00 - 21:00

Oppiradio

Met Haidee Muller-Isaacs

Tuis | Potgooi | Potgooi Episode

Soek nog potgooi

Radioteater

Donderdag 12 November 2020

‘N TWEEDE KANS deur Ronel Mostert

'n Liefdesverhaal wat aanklank sal vind by diegene wat in die liefde ontnugter is, maar wat dan, sonder dat hulle dit verwag, 'n tweede kans op geluk kry. Leah se grootste begeerte word werklikheid - sy is swanger. Haar vreugde is egter van korte duur wanneer die pa van haar kind en haar werkgewer saamspan om haar te ondermyn. Haar ma, Wilna, se steun is van onskatbare waarde. Die spelers is Karen Wessels, Rina Nienaber, Paul Lückhoff, David Louw, Eloise Cupido, Heidi Mollentze en Donovan Pietersen.

Donderdag 5 November 2020

JOHANNA SE ELVIS deur Hendie Grobbelaar

Johanna Apolis is ‘n voorslag as dit kom by die uithaal van blinklywe. Dis haar ambisie om gereken te word onder die vistermanne deur die heel grootste vis van almal te vang. Sou dit haar beskore wees? En teen watter prys? Jy hoor Simoné Benjamin as Johanna. Dann-Jacques Mouton van Noem my Skollie-faam maak sy buiging voor die radiomikrofoon as haar sagmoedige man, Gert. Zenobia Kloppers speel Mattie. Denver Vraagom is Jan Baartman. En jy hoor die stem van Neels Coetzee as Oumeneer. Johanna se Elvis was 'n finalis in die RSG/Sanlam Radiodrama Skryfkompetisie van 2019.

Donderdag 29 Oktober 2020

NAG VAN DIE VER MUSIEK deur Engela van Rooyen-Linde

Andries Smith is emosioneel afgestomp teenoor sy gesin, bestaande uit sy vrou Alet, en hulle tweeling, Larry en Lara. Wat sou die rede daarvoor wees? Is dit omdat hy net sy ma, Gloria Smith, se woord kan neem vir wat met sy pa gebeur het, of het dit iets te doen met die beertjie-musiekboks wat hy sukkel om oop te kry. Weet Gloria meer as wat sy voorgee? Die spelers is Dawid Minnaar, Henrietta Gryffenberg, Luan Jacobs, Ansu Visser en Elzabé Zietsman.

Donderdag 22 Oktober 2020

HUISHOU deur Philip Rademeyer

Twee wit vroue in Kaapstad wil ‘n swart kind aanneem. Die ouer vrou, Dirkie, is ‘n lektor in sosiologie en dryf die aannemingsproses. Dirkie wil sorgvuldig, noukeurig ‘n huis opbou en vol maak, en dink ook hulle het ‘n politiese plig om by te dra tot die nuwe Suid-Afrika (“dis oor jou white guilt,” terg haar vrou). Die jonger vrou, Hester, is ‘n loskop wandelaar. Sy ontvang ‘n oproep wat haar dwing om na haar ouerhuis terug te keer. Die naweek op haar plattelandse tuisdorp dompel haar in ‘n identiteitskrisis, en sy begin wonder oor haar wortels en Afrikaner-erfenis. Soos beide vroue vasklou aan hulle beginsels en verbete baklei om deur die ander gehóór te word, word hulle verhouding en liefde op die spel geplaas. ‘n Drama oor verhoudings, die soeke na die “ek” in die “ons”, en mense wat verby mekaar praat. Nadia Valvekens vertolk die rol van Dirkie en Cintaine Schutte dié van Hester.

Donderdag 15 Oktober 2020

DIE PRYS deur Joey van Niekerk

Susan Pretorius, tuisteskepper en ywerige lid van die VLU, wen ’n koekbakkompetisie met ’n droomprys – een wat sy en veral haar man, Hermaans, nie verwag het nie. Toe  ontdek hulle dat sy dit eintlik glad nie verdien nie. Hulle besef oneerlikheid is nie die moeite werd nie, al is die prys ook hoe aanloklik! Maar wat nou gemaak? Die spelers is Rika Sennett, Martin Jansen, Ronel Korb en Lochner de Kock.

POTGOOI (aanddiens)

INTERAKTIEF

Volg ons op sosiale media: