05:55 - 06:00

Vroegoggendgedagte

Nou op die lug: 06:00 - 07:00

Monitor

Met Udo Carelse

Udo Carelse

Volgende: 07:00 - 09:00

Op en Wakker

Met Renske Jacobs , Gustav Greyling

09:00 - 11:30

Intussen met Eloise

Met Eloise Cupido

Tuis | Potgooi | Potgooi Episode

Soek nog potgooi

Radioteater

Donderdag 11 Junie 2020

DIE LYK deur Karin du Toit

'n Aksiebelaaide donker komedie oor 'n graf, 'n kis en 'n lyk... Trudie word jare lank fisies en emosioneel deur haar man aangerand. Een aand, tydens 'n hewige argument, gebeur daar iets wat vir Trudie en haar volwasse seun, Francois, opsaal met 'n “massiewe probleem.” Die rolle word vertolk deur Elzabe Zietsman, Cobus Venter, Ria Smit, Eloïse Cupido, Hannes Müller, David Louw en Mari Molefe van Heerden. Karin Du Toit is 'n oogkundige van Vanderbijlpark, en hierdie is haar debuutradiodrama. DIE LYK is die algehele wenner van RSG en Sanlam se Radiodrama-skryfkompetisie 2019.

Donderdag 4 Junie 2020

AS ‘N KIND KOM KUIER deur Zelda Bezuidenhout

Die bejaarde Elna Smit-Smith is ernstig siek. Haar kinders is te besig om haar dikwels te besoek, en haar versorger, Vanessa, word 'n hegte vriendin. Hulle word een aand verras deur 'n onwelkome gas, en terwyl Vanessa haar bedenkinge het, begin Elna die jong man uitvra oor sy lewe. In weerwil van Vanessa se aanvanklike vooroordele, word hy 'n gereelde besoeker en 'n belangrike deel van Elna se lewe.

Donderdag 28 Mei 2020

KOUE KAIINGS deur Lee Doubell

'n Spookstorie met 'n verskil… Vyf jong mans is in die laat jare 70 op pad na Upington om vir hulle nasionale diensplig aan te meld. Hulle is almal kleurvolle uiteenlopende karakters wat nie besef wat vir hulle voorlê nie. Die intrige is meesleurend, amper filmies, en dit is 'n verhaal gevul met humor en nostalgie.

Donderdag 21 Mei 2020

DIE HUISBESOEK deur Wilmi Wheeler

Celia roep in die vroeë oggendure die hulp van hulle jong dominee op die dorp in. Sy het pas ontdek dat haar man, Paul, 'n verhouding het. Terwyl die dominee vir Celia probeer oorreed om nie haar man om die lewe te bring nie, dink sy terug aan gebeure uit hulle verlede.

Donderdag 14 Mei 2020

MY MENSE deur Dot Serfontein

“Uit die keur van Serfontein se werke neem Antoinette Kellerman jou met deernis terug na die skrywer se kosbare beskrywings van haar ouers, haar soms eksentrieke Serfontein-familie en haar jare op die plaas as jong kind en later as joernalis, getroude vrou, versorgende moeder en ouerwordende dame. Lekker aardse koekemakranka-kosgoed vir die siel,” skryf die dramaturg Nico Luwes.

POTGOOI (aanddiens)

INTERAKTIEF

Volg ons op sosiale media: