18:00 - 18:10

Nuus & Weer

Nou op die lug: 18:10 - 18:30

Ons en die onderwys

Met Johan van Lill

Johan van Lill

Volgende: 18:30 - 19:00

Aanddiens

19:00 - 19:30

Só glo ek - die verhaal van godsdiens

Met Susan Booyens

Tuis | Potgooi | Potgooi Episode

Soek nog potgooi

Rand en sent

Sondag 24 Januarie 2021

Rand en sent 24 Januarie 2021

Omelia Hartzenberg van die Pensioenfonds vir Staatsamptenare praat oor die kinderpensioene wat in Junie 2018 in werking getree het. Sy identifiseer die struikelblokke, en verduidelik watter dokumentasie nodig is om hiervoor aansoek te doen. Sy ‘n beroep op lede van die fonds om ten alle tye hulle kontakbesondherhede op datum te hou, want dit kan help dat uitbetaling vinniger geskied.

Sondag 17 Januarie 2021

Rand en sent 17 Januarie 2021

Regine le Roux van Reputation Matters vertel watter uitwerking Covid-19 op haar besigheid gehad het, en hoe hulle die krisis tot voordeel omskep het deur hulle dienste meer aanlyn te bemark. Sanel Roux van die aanlynwinkel, Petalje Blomme, gesels oor die uitwerking wat kreatiwiteit en blomme op haar kliënte het, en hoe die inperking nuwe lewe in haar besigheid geblaas het. Willie Cloete, 'n privaatsjef, vertel hoe kreatiwiteit deel van jou werk en jou lewe is, en hoe ons dit op verskillende manier kan gebruik om elke dag iets nuuts te skep.

Sondag 10 Januarie 2021

Rand en sent 10 Januarie 2021

Die ABC van geldbestuur vir individue en kleinsakeondernemings.

Sondag 3 Januarie 2021

Rand en sent 3 Januarie 2021

Olivia Sambo praat met Johannes de Villiers, skrywer van Blydskap en kalmte in die malle gejaag, oor jou emosies wanneer jy jouself in ‘n moeilike finansiële situasie bevind, en hoe om dit te hanteer sodat jy weer opnuut kan begin. Carla Oberholzer van Debtsafe vertel hoe jy finansiële stres kan hanteer en weer op die been kan kom. En Willie Cloete, 'n privaatsjef van Pretoria, sê eenvoudige kos is die lekkerste kos. Hy gee wenke wat jou soos ‘n sjef sal laat kook sonder om jou hand te diep in jou sak te steek.

Sondag 27 Desember 2020

Rand en sent 27 Desember 2020

Olivia Sambo hoor by Carla Oberholzer van Debtsafe hoe om onnodige uitgawes te snoei en ‘n nuwe blaadjie om te slaan vir die nuwe jaar. Eric Jordaan van Crue Invest moedig luisteraars aan om nie moedeloos te word as jy te veel skuld het nie, maar om jou skuld stap-vir-stap te pak. Johannes de Villiers moedig ons aan om vorentoe te kyk en nie te fokus op ons probleme nie. En Willie Cloete deel sy wense vir 2021 met ons.

POTGOOI (aanddiens)

INTERAKTIEF

Volg ons op sosiale media: