21:20 - 21:50

Vers en Klank

Met Sophia van Taak

Nou op die lug: 21:50 - 22:10

Kortom

Met Johan Rademan

Johan Rademan

Volgende: 22:10 - 23:00

Geestesgesondheid

Met Johan van Lill

23:00 - 23:10

Nuus & Weer

Tuis | Potgooi | Potgooi Episode

Soek nog potgooi

Rand en sent

Sondag 9 Mei 2021

Rand en sent 9 Mei 2021

Arehan Brand van Smartlink Marketing in Kaapstad, Daniël Malherbe van Lumico in Stellenbosch en Madelein Hendriks van Madness Design Studios in Johannesburg praat oor die belangrikheid van ‘n webtuiste wat werk, en watter verskil dit maak as besighede die pryse van hulle produkte of dienste ook adverteer.

Sondag 2 Mei 2021

Rand en sent 2 Mei 2021

Arehan Brand van Smartlink Marketing in Kaapstad, Daniël Malherbe van Lumico in Stellenbosch en Madelein Hendriks van Madness Design Studios in Johannesburg praat oor aanlynbemarking, die verskillende soorte aanlynbemarking en die verskillende platforms wat beskikbaar is. Hulle deel ook die mees algemene foute wat besighede maak, en hoekom dit jou duur te staan kom as jy dit ignoreer.

Sondag 25 April 2021

Rand en sent 25 April 2021

Veronica Prinsloo van UCTech Security praat oor die belangrikheid van goeie diens, en hoe hulle aangepas het met Covid-19. Sy deel ook haar passie vir goeie klantediens en vertel hoekom sy glo dat elke klant welkom moet voel in hulle winkel. Regine le Roux van Reputation Matters deel haar kennis oor waardes in 'n  besigheid, en verduidelik hoe jy die regte waardes vir jou onderneming kan kies.

Sondag 18 April 2021

Rand en sent 18 April 2021

Olivia Sambo praat met Carla Oberholzer van Debtsafe oor die belangrikheid van ‘n begroting en ‘n inkopielys. Sy gee praktiese wenke oor hoe jy kan bespaar wanneer jy kos gaan koop. Veronica Prinsloo van Utech Security deel haar kennis oor sekuriteitstelsels en verduidelik waarop jy moet let  wanneer jy so ‘n stelsel wil laat installeer.

Sondag 11 April 2021

Rand en sent 11 April 2021

Omelia Hartzenberg praat oor die egskeidingsreël-verandering, en hoe dit lede van die Pensioenfonds vir Staatsamptenare raak. Sy gesels oor die belangrikheid van die regte dokumentasie en die drie stipulasies wat jy in jou dokumente moet maak. Sy deel ook waardevolle wenke wat jou kan help as jy die lid of gade is wat geraak word deur ’n egskeiding.

POTGOOI (aanddiens)

INTERAKTIEF

Volg ons op sosiale media: