19:30 - 20:00

Kompas

Met Barrie Ferreira

Nou op die lug: 20:00 - 21:00

Oppiradio

Met Haidee Muller-Isaacs

Haidee Muller-Isaacs

Volgende: 21:00 - 21:10

Nuus & Weer

21:10 - 21:20

Laataandboekvoorlesing

Tuis | Potgooi | Potgooi Episode

Soek nog potgooi

Rand en sent

Sondag 22 Augustus 2021

Rand en sent 22 Augustus 2021

Edward Phillips van Edusence praat oor die belangrikheid van ‘n begroting, en hoe iets so klein soos ‘n inkopielys jou kan help om beter finansiële besluite te neem. Willem Gous van The Human Entrepeneur verduidelik hoe om entrepreneurs te ondersteun sodat hulle volhoubare besighede kan bou, en sodoende werksgeleenthede skep.

Sondag 15 Augustus 2021

Rand en sent 15 Augustus 2021

Carla Oberholzer van Debtsafe het raad as jy sukkel om jou skuld te betaal. Lizette Volkwyn, ‘n lewensafrigter, vertel hoe om te oorleef as jy vasgevang in ’n werk wat jy haat, en hoe jy jou persepsie kan verander.

Sondag 8 Augustus 2021

Rand en sent 8 Augustus 2021

Pieter de Wet van Bodytec in Queenswood in Pretoria gesels oor die verskillende vorms van sosiale media wat hulle vir bemarking gebruik. Chanri Theron en Robert Meuleman van Amplio Fitness and Nutrition praat oor die goeie kliëntediens, en hoe jy die regte mense identifiseer vir jou besigheid. Pieter Senekal van Senfin Business Services gee wenke oor hoe jy ‘n goeie boekhouer kan vind, en die verskil wat dit aan jou besigheid kan maak.

Sondag 1 Augustus 2021

Rand en sent 1 Augustus 2021

Pieter de Wet van Bodytec in Queenswood in Pretoria verduidelik hoe dit moontlik is om met slegs 20 minute per week beter spiere te bou, en die voordele wat dit vir klante inhou. Chanri Theron en Robert Meuleman van Amplio Fitness and Nutrition gesels oor aanvullings, diëte en hoe ‘n gesonde leefstyl begin deur klein treetjies te neem.

Sondag 25 Julie 2021

Rand en sent 25 Julie 2021

Peter Senekal van Sendin Business Services gesels oor die belangrikheid van ‘n gekwalifiseerde boekhouer, en hoekom jy jou finansiële fondasie vir jou besigheid van die begin af moet reg bou om sodoende jouself van groot uitgawes te red op ‘n latere stadium. Carla Oberholzer van Debtsafe gesels oor skuldbestuur, en verduidelik hoekom jy eers jou skuld onder beheer moet kry om jou pad na finansiële welstand te begin.

POTGOOI (aanddiens)

INTERAKTIEF

Volg ons op sosiale media: