21:00 - 21:10

Nuus & Weer

Nou op die lug: 21:10 - 23:00

Dis opera

Met Charl van Heyningen

Charl van Heyningen

Volgende: 23:00 - 23:10

Nuus & Weer

23:10 - 23:59

Tjil

Met Phil Loots

Tuis | Potgooi | Potgooi Episode

Soek nog potgooi

Rand en sent

Sondag 13 Junie 2021

Rand en sent 13 Junie 2021

Charles Geel van Charles Geel en Vennote gesels oor skuldberading, en verduidelik hoe die proses werk en hoekom nie almal daarvoor kwalifiseer nie. Leana Burger, 'n prokureur by Burger Potgieter Prokureurs, gesels oor die moets en die moenie wanneer jy skei, en die stigma wat aan geskeide vroue en enkelma’s kleef.

Sondag 6 Junie 2021

Rand en sent 6 Junie 2021

Richus Nel, ‘n finansiële adviseur van PSG Wealth, verduidelik die finansiële implikasies wanneer jy skei, wetgewing en hoe dit selfs jou aftrede raak. Leana Burger, ‘n prokureur by Burger Potgieter Prokureurs, praat oor die noodsaaklikheid van ‘n huwelikskontrak en die belangrikheid van mediasie.

Sondag 30 Mei 2021

Rand en sent 30 Mei 2021

Richus Nel, 'n geakkrediteerde finansiële adviseur van PSG Wealth, gesels oor onsekerheid en emosies tydens Covid-19, hoe dit jou beleggings raak en wat jy kan doen om jou emosies te beheer en die regte besluite oor jou beleggings te neem. Ian Scott, hoof van vaste rentedraende instrumente by Momentum, veruidelik hoe jy oorsese beleggings moet kies, en raai aan dat jy kundiges raadpleeg vir finansiële advies.

Sondag 23 Mei 2021

Rand en sent 23 Mei 2021

Leonard Willemse van Mazars in Kaapstad gesels oor die verskillende soorte belasting, en raai jou aan dat jy jou belasting in orde kry, want Jan Taks sál jou vind. Omelia Hartzenberg van die Agentskap vir Regering- pensioenadministrasie in die Wes-Kaap gesels oor die dokumentasie wat nodig as ‘n lid van die fonds skei, en raai lede aan om professionele hulp te gebruik wanneer hulle skei. Anton Kotze, ‘n regulatoriese adviseur vir internetdiensverskaffers, deel ‘n doeltreffende en eenvoudige wenk om veilig te wees wanneer jy aanlyn is.

Sondag 16 Mei 2021

Rand en sent 16 Mei 2021

Arehan Brand van Smartlink Marketing in Kaapstad, Daniël Malherbe van Lumico in Stellenbosch en Madelein Hendriks van Madness Design Studios in Johannesburg gesels oor inhoudsbemarking, hoe dit aangewend kan word om jou besigheid meer sigbaar te maak op die internet, en die belangrikheid van video's in bemarking.

POTGOOI (aanddiens)

INTERAKTIEF

Volg ons op sosiale media: