19:15 - 19:20

Aandgedagte

Nou op die lug: 19:20 - 19:30

Skuif nader

Met Christelle Webb-Joubert

Christelle Webb-Joubert

Volgende: 19:30 - 20:00

Kompas

Met Hazel Janse van Rensburg

20:00 - 21:00

RSG Kuns

Met Christelle Webb-Joubert

Tuis | Potgooi | Potgooi Episode

Soek nog potgooi

Rand en sent

Sondag 28 Februarie 2021

Rand en sent 28 Februarie 2021

Omelia Harzenberg van die agentskap vir die regering se pensioenadmininstrasie praat oor vervroegde aftrede teenoor normale aftrede. Sy identifiseer van die redes hoekom uitbetalings nie geskied nie, en van die redes sal jou verras. En sy gee 'n lys van dokumente wat nodig is, en punte waarop jy moet let voordat jy dit inhandig.

Sondag 21 Februarie 2021

Rand en sent 21 Februarie 2021

Omelia Harzenberg van die Agentskap vir die regering se pensioenadmininstrasie praat oor onopgeëiste voordele. Sy doen ‘n beroep op die publiek om na vore te kom indien hulle nie uitstaande geld van die fonds geëis het nie. Sy noem ook die belangrike punte wat kommunikasie tussen lede en die fonds belemmer.

Sondag 14 Februarie 2021

Rand en sent 14 Februarie 2021

Omelia Harzenberg van die Agentskap vir die regering se pensioen-admininstrasie praat oor die verskil tussen bedanking en aftrede. Sy neem jou stapsgewys deur die berekeninge wat SARS doen wanneer jy bedank of wanneer jy aftree, en verduidelik die voordele waarvoor jy in annmerking kom wanneer jy aftree.

Sondag 7 Februarie 2021

Rand en sent 7 Februarie 2021

Omelia Harzenberg van die agentskap vir die regering se pensioen-admininstrasie weer aan die woord. Sy praat oor gadepensioen, en wat lede kan doen om te verseker dat hulle gades wel die lewenslange maandelikse pensioen kan kry indien die lid sterf. Veronica Prinsloo van UC Tech Security in Pretoria noem belangrike punte waarop jy moet let wanneer jy veiligheidskameras installeer, en watter vrae jy moet vra voordat jy ‘n kwotasie aanvaar.

Sondag 31 Januarie 2021

Rand en sent 31 Januarie 2021

Omelia Hartzenberg van die Pensioenfonds vir Staatsamptenare praat oor een van die grootste redes wat lei tot vertragings, en moedig paartjies aan om openhartig te wees met mekaar oor hulle geldsake. Eric Jordaan, finansiële adviseur by Crue Invest het raad oor hoe om jou finansiële doelwitte te bereik deur die regte boustene te gebruik.

POTGOOI (aanddiens)

INTERAKTIEF

Volg ons op sosiale media: