23:10 - 23:59

Tjil

Nou op die lug: 23:10 - 23:59

Deurnag (Saterdag)

Volgende: 05:55 - 06:00

Vroegoggendgedagte

06:00 - 10:00

Brêkfis met Derrich

Met Derrich Gardner

Tuis | Potgooi | Potgooi Episode

Soek nog potgooi

Reis sonder grense

Saterdag 9 Oktober 2021

Ervaar die Riebeekvallei

Ontdek vier roetes met verskillende gewaarwordings en ervarings in die Riebeekvallei en omgewing. Sluit aan by die Weskus, ontdek kunste, kultuur, landskappe, kookvernuf, wynbou en geskiedenis. Johan Rademan het met Shawn Hewitt hieroor gesels.

Saterdag 2 Oktober 2021

Die Du Toits en 8 Feet Village

Pieter du Toit se pa, Piet Spiere du Toit, en sy seun Pieter-Steph du Toit het albei die Springboktrui gedra. So tussen die rugby deur het hy en sy vier seuns die 8 Feet Village by Riebeeck se ingang gevestig met ou skeepsvraghouers. Johan Rademan het met Pieter op Kloovenburg gesels oor die rol van rugby en toerisme.

Saterdag 2 Oktober 2021

Riebeeckvallei

Anton Espos, broer van huiskok Errieda du Toit, is ‘n entrepreneur in Riebeeckvallei. Johan Rademan het met dié inwoner oor die omgewing gesels.

Saterdag 25 September 2021

Porterville

Porterville is so 150 kilometer se ry van Kaapstad af, en daar is ‘n paar onontdekte juweeltjies soos ‘n 22-watervalle-staproete en ‘n onmeetbare diep poel (Die hel) waarin jy kan swem. Die dorpie bied talle verrassings en geleenthede soos die Porterville Kunsfees.

Saterdag 25 September 2021

Rooiberg is reg vir toeriste se terugkeer

Rooiberg is ‘n gebied tussen Worcester en Robertson, waar baie mense aandoen om ‘n foto te neem om deel te wees van ‘n grootstoelversameling. Dié gesogte stilhouplek vir toeriste het ook swaar gebuk gegaan onder die lang globale wintertoerisme-inperking. In die tyd van toerismehibernasie het Rooiberg besluit om ‘n paar drastiese stappe te doen. Johan Rademan het by ‘n kunstenaars-ken-mekaar met ‘n paar mense gesels oor die uitdagings en veranderings.

POTGOOI (aanddiens)

INTERAKTIEF

Volg ons op sosiale media: