05:55 - 06:00

Vroegoggendgedagte

Nou op die lug: 06:00 - 10:00

Brêkfis met Derrich

Met Derrich Gardner

Derrich Gardner

Volgende: 10:00 - 10:05

Nuus

10:05 - 11:00

Reis sonder grense

Met Johan Rademan

Tuis | Potgooi | Potgooi Episode

Soek nog potgooi

Reis sonder grense

Saterdag 7 Augustus 2021

Oudste wynplaas op Stellenbosch

Blaauwklippen is die oudste wynplaas op Stellenbosch. Ditis vernoem na die blou granietrotse van die omgewing. Johan Rademan het met Ben-Carl Havenga oor die geskiedenis en stand van die plaas gesels. Johnny Hamman van die Hamm en Uys restaurant vertel van Kaapse Erfeniskos. Wynmaker Nerina Cloete vertel van haar drome met Cabernet Sauvingon op Blaauwklippen, en ons leer ook meer van die Kroatiese-kultivar, Zinfandel.

Saterdag 7 Augustus 2021

Toerisme en die pandemie

Die toerismebedryf steier steeds onder die aanslag van die Coronavirus, maar daar is tog nog ondernemings wat ‘n geloof in die toekoms van toerisme het. Johan Rademan het met Teena Douglas van Lion Roars gepraat oor hulle fokusverskuiwing na die binnelandse mark, en hoe daar steeds in die moeilike tye uitgebrei word.

Saterdag 31 Julie 2021

Nieuwoudtville

Ons verken die bolplanthoofstad van die wêreld, Nieuwoudtville, waar Johan Rademan met Mike Spies van Namakwatoere oor die twee roetes - links of regs - gesels. Mandie Kotze van Nieuwoudtville Toerisme vertel van die waterval, Loeriesfontein en Calvinia, terwyl Eugene Marinus besoekers in die blommetyd sal verwelkom in die grootste botaniese tuin in Suid-Afrika, die Hantam Botaniese Tuin.

Saterdag 24 Julie 2021

Bagdad Café

In die mees suidelike deel van Namakwaland tussen Vanrhynsdorp en Nieuwoudtville, op die Knersvalkte, staan die Bagdad Café, wat die naam van Roete 66 in die Nevada-woestyn ontleen het. Johan Rademan het met Mike Spies en Owen Mcgregor oor die landskap en stilhouplek gesels. Die driejarige Alexander van Huysteen ken ook al ‘n hele paar blom- en plantname uit die Knersvlakte.

Saterdag 24 Julie 2021

Koo-vallei

In die Koo-vallei in die Burgerspas is ‘n ou kafeetjie, Oupa Batt se winkel, wat al 105 jaar bestaan. Johan Rademan het met Stefan Crous oor die merkwaardige plekkie gesels wat Roete 62 vanaf Montague verbind met die N1 tussen De Doorns en Touwsrivier.

POTGOOI (aanddiens)

INTERAKTIEF

Volg ons op sosiale media: