05:55 - 06:00

Vroegoggendgedagte

Nou op die lug: 06:00 - 10:00

Brêkfis met Derrich

Met Derrich Gardner

Derrich Gardner

Volgende: 10:00 - 10:05

Nuus

10:05 - 11:00

Reis sonder grense

Met Johan Rademan

Tuis | Potgooi | Potgooi Episode

Soek nog potgooi

Reis sonder grense

Saterdag 11 September 2021

Pampoenjenewer en tamatievodka!

Langs die Holrivier net buite Vredendal, op pad Lutzville toe, is ‘n stukkie grond waarop verskillende bamboesspesies gekweek word. Dit is hier waar 1st Principles distilleerdery met organiese groente en vrugte voggies soos pampoen- en tamatiejenewer en –vodka optower. Anja Roux vertel hoe ‘n ou stookketel, wat as versiering in haar ouma se tuin gestaan het, herstel is en vandag die middelpunt van die gebeure vorm. Johan Rademan het by dié weggesteekte juweeltjie in die Namakwaland aangedoen.

Saterdag 11 September 2021

Koffie en bokkoms

Bokkomlaan op Velddrif is ‘n historiese gebied waar ‘n vindingryke jong koffieman, Albert Cornelius, sy eie roostery gebou het nadat hy van Israel af teruggekom het. Johan Rademan het hom gepols oor sy liefde vir koffie.

Saterdag 4 September 2021

Ivoorroete

Jurgens Schoeman het pas 6 000 km afgelê in ‘n nuwe deel van Suid-Afrika wat hy ontdek het. Johan Rademan het hom gepols oor die Ivoorroete en plekke soos Crook’s Corner en Poacher’s Corner.

Saterdag 4 September 2021

Thornybush Wildreservaart

Die groendoringboom by Thornybush Wildreservaart in die Laeveld, aangrensend aan die Krugerpark, maak in Toerismemaand die deure vir Suid-Afrikaners oop. Johan Rademan stel Gerhard en Nataly van Zyl voor aan die reisluisteraars. Hulle bestuur die Jackalberry Lodge by Thornybush bo in die noorde naby Hoedspruit.

Saterdag 28 Augustus 2021

Die vliegtuig wag…

Tienie en Harda Jonker deel die gevoel wat 'n mens kry wanneer jy toer en oppad is om die vliegtuig te verpas - daai klammigheidjie-op-die-voorkop-gevoel...

POTGOOI (aanddiens)

INTERAKTIEF

Volg ons op sosiale media: