05:55 - 06:00

Vroegoggendgedagte

Nou op die lug: 06:00 - 10:00

Brêkfis met Derrich

Met Derrich Gardner

Derrich Gardner

Volgende: 10:00 - 10:05

Nuus

10:05 - 11:00

Reis sonder grense

Met Johan Rademan

Tuis | Potgooi | Potgooi Episode

Soek nog potgooi

Reis sonder grense

Saterdag 17 Julie 2021

Gerber Basson se Weskusvis

Gerber Basson ken die Weskus se visgate, banke en see baie goed. Hy werp lig op die bedryf en gee wenke vir toeriste wat vis kom soek en braai. Johan rademan het by Sonnab Fisheries met hom gesels en ook agter die kap van die byl gekom met Bokkoms en Voetsek.

Saterdag 3 Julie 2021

Seisoenale kaas en Kubaanse sigare

Ons gooi ‘n draai op Franschhoek saam met Johan Rademan waar hy met Ludwig Maske oor seisoenale Franse kase en Kubaanse sigare by LaCotte gesels.

Saterdag 19 Junie 2021

Cradock se toerismewonders

Die N1 verdeel die Karoo in oos en wes. Die Cradockstreek lê oos, en Johan Rademan het met Koot van der Merwe van Linduli gesels oor die toerismewonders wat daarin opgesluit is.

Saterdag 5 Junie 2021

Namibië

Dr. Chris van der Merwe was as dienspligtige in Walvisbaai en het later as sakeman telkens ontvlug na die Namibwoestyn. Hy is op pad vir sy 19de besoek vir Faces of the Namib. Johan Rademan wou by hom weet hoekom die woestyn, en met watter basiese voertuigspesifikasies jy die duine kan aanpak. Jurgens Schoeman sluit by hom aan oor hoe konsessies in die woestyn in Namibië bestuur word, en watter protokolle geld by die grensposte tussen Suid-Afrika en Namibië.

Saterdag 5 Junie 2021

Kaapstad toerimse reik uit na gesondheidswerkers

Dr. Theuns Vivian van die Stad Kaapstad vertel vir Johan Rademan van die uitreik vanuit die toerismesektor na oorwerkte gesondheidswerkers met toerismegeskenke. Die kliniekbestuurder van Kasselsvlei, Sue-Ellen van Niekerk, deel haar personeel se emosies n.a.v. die erkenning vir hulle onbaatsugtige diens in hierdie uitdagende tye.

POTGOOI (aanddiens)

INTERAKTIEF

Volg ons op sosiale media: