23:10 - 23:59

Tjil

Nou op die lug: 23:10 - 23:59

Deurnag (Vrydag)

Volgende: 05:25 - 05:55

RSG Landbou

Met Eloise Pretorius

05:55 - 06:00

Ikra

Tuis | Potgooi | Potgooi Episode

Soek nog potgooi

RSG Landbou

Woensdag 1 Desember 2021

RSG Landbou 1 Desember 2021

Daar is slegs ‘n handjievol aartappelboere wat hulle daarop toespits om aartappelmoere te kweek. Koos du Pisanie het by ‘n inligtinsgdag op Douglas met Willie Jacobs van Aartappels SA hieroor gesels. Ons kuier by die Onderstepoort Veterinêre hospitaal se onkologie-afdeling. Jannie de Villiers van Graan SA vertel van sy grootworddae en landbouloopbaan, tot en met sy uittrede in Augustus vanjaar.

Dinsdag 30 November 2021

RSG Landbou 30 November 2021

Ons vind uit wie het geseëvier in vanjaar se LNR-Vleisbeespresteerderstoekennings. Ons praat oor nuwe reëls in die veilingsbedryf, wat vroeër vanjaar aangekondig is. Abrie Bronkhorst van die LWO Werkgewersorganisasie praat oor dissiplinêre-verhore in die werksplek.

Saterdag 27 November 2021

RSG Landbou 27 November 2021

Dr. Morné de la Rey doen baanbrekerswerk met embrio-oorplasings, en spesialiseer in geassisteerde reproduksietegnieke om wild te red. Hy is een van die wêreld se voorste spesialisveeartse op die gebied van geassisteerde reproduksietegnieke, en het ook talle ander deurbrake in moderne teeltegnieke gemaak. Hy werk hard agter die skerms aan nóg ideale waarby die diereryk en boere baat sal vind. Hy deel sy passies en navorsingsresultate met ons.

Vrydag 26 November 2021

RSG Landbou 26 November 2021

Prof. Willem Landman van die Universiteit van Pretoria is een van die mees gerekende weerkundiges in Suid-Afrika, en een van die bekendste seisoenale voorspellers in die wêreld. Hy vertel van sy onlangse navorsing, en van sy seisoenale voorspellings vir die eerste kwartaal van 2022. Selfoondeposisie-analise is tans op die voorgrond in bespuitingsnavorsing, volgens Marius Ras. Daneel Rossouw is die Funksionele Hoof van Nedbank se landbou-afdeling, en verduidelik volhoubare landboupraktyke in die suiwelbedryf.

Donderdag 25 November 2021

RSG Landbou 25 November 2021

Wêreld-gronddag word op 5 Desember gevier. Die Landbounavorsingsraad bied op Vrydag 3 Desember ‘n webinaar aan wat op die soutinhoud van grond fokus. Dr. Garry Paterson verduidelik hoe hulle hierdie kwessie gaan toelig. Die Minister van Landbou in die Wes-Kaap, dr. Ivan Meyer, gesels oor hulle landelike veiligheidsberaad wat vandeesweek gehou is. Daar is oudergewoonte nuus oor die weer en vleispryse.

POTGOOI (aanddiens)

INTERAKTIEF

Volg ons op sosiale media: