23:10 - 23:59

Tjil

Nou op die lug: 23:10 - 23:59

Deurnag (Maandag)

Volgende: 05:25 - 05:55

RSG Landbou

Met Lise Roberts

05:55 - 06:00

Vroegoggendgedagte

Tuis | Potgooi | Potgooi Episode

Soek nog potgooi

RSG Landbou

Donderdag 11 November 2021

RSG Landbou 11 November 2021

Groot dele van Suid-Afrika is vanjaar deur brande geteister, en dit gebeur dikwels dat vee nie betyds verplaas kan word nie. Prof. Gareth Bath van die Komitee vir die Welsyn van Lewendehawe verduidelik hoe om vee wat deur veldbrande beseer is, te behandel. Johan van den Berg is op sy pos met nuus oor die weer, Chris Derksen gesels oor vleispryse, en Frans de Klerk op Bitcoin.

Woensdag 10 November 2021

RSG Landbou 10 November 2021

Julian Theron boer met Merino-skape en trofee-springbokke in die Richmond-distrik. Hy vertel van sy familie wat sedert die laat 1940’s daar boer. ‘n Erelid van Merino SA, Garth Coetzee, gesels oor sy liefde vir dié skaapras, en verduidelik wat hy as gehalte wol beskou.

Woensdag 10 November 2021

RSG Landbou 10 November 2021

Julian Theron boer met Merino-skape en trofee-springbokke in die Richmond-distrik. Hy vertel van sy familie wat sedert die laat 1940’s daar boer. ‘n Erelid van Merino SA, Garth Coetzee, gesels oor sy liefde vir dié skaapras, en verduidelik wat hy as gehalte wol beskou.

Dinsdag 9 November 2021

RSG Landbou 9 November 2021

BKB het aangekondig dat hulle hulle voetspoor in die lewendehawe- en veilingsbedryf vergroot, met die verkryging van GWK se landboubesigheid in die Vrystaat en Humansdorp-area. Ons hoor by Heinrich Victor wat met die wolpryse gebeur. Malcolm Moodie van die Suid-Afrikaanse Vetveebeoordelaarsvereniging vertel hoe ‘n kandidaat  as beoordelaar kwalifiseer.

Maandag 8 November 2021

RSG Landbou 8 November 2021

Verskeie landbouwerkers van die Vergelegen wynlandgoed, het onlangs erkenning gekry in die Wes-Kaapse Prestige Agri-toekennings vir die Stellenboschstreek. Carl Langenhoven van Vergelegen gesels oor dié prestasie. Produsente van die Cradock-omgewing, wat skaapwêreld is, het ‘n inligtingsdag op Zuurfontein bygewoon. Daar was groot belangstelling, en ons hoor wat daar gebeur het.

POTGOOI (aanddiens)

INTERAKTIEF

Volg ons op sosiale media: