21:00 - 21:10

Nuus & Weer

Nou op die lug: 21:10 - 23:00

Dis opera

Met Charl van Heyningen

Charl van Heyningen

Volgende: 23:00 - 23:10

Nuus & Weer

23:10 - 23:59

Tjil

Met Phil Loots

Tuis | Potgooi | Potgooi Episode

Soek nog potgooi

RSG Landbou

Maandag 1 November 2021

RSG Landbou 1 November 2021

Die Wes-Kaap het in 2020 R78-miljard se landbouprodukte uitgevoer. Dit is 24% meer as in 2019. Wat is die redes vir hierdie groei? Ons praat hieroor met die minister van landbou in die Wes-Kaap, dr. Ivan Meyer. Daar is nuus oor veilings wat eersdaags plaasvind. Bulskopboerdery van die Ventersdorp-omgewing het vanjaar drie eerste plekke in die beeskategorie van Samic se Nasionale Karkaskompetisie gekry. Die eienaar, Gerrie Jordaan, vertel meer van dié boerdery.

Saterdag 30 Oktober 2021

RSG Landbou 30 Oktober 2021

Boere lys hulle produkte op die Nile.ag-platform volgens die gradering en groottes wat deur regulasies voorgeskryf word, en verskaf ook foto’s. ’n Onafhanklike inspekteur tree as arbiter op wanneer produkte wat gelewer word, nie met regulasies ooreenstem nie. Sedert dit in November 2020 bekend gestel is, is meer as ’n miljoen kilogram vars produkte op die platform verkoop, en die huidige vraag oortref die stigters se verwagtinge. Louis de Kock is een van die drie stigters van die besigheid, en verduidelik hoe boere hierby kan baat.

Vrydag 29 Oktober 2021

RSG Landbou 29 November 2021

Dr. Charlie Reinhardt, onkruidkenner en buitengewone professor in onkruidwetenskap aan die universiteite van Pretoria en Stellenbosch, het bevestig dat die Palmer-misbredie (Amaranthus palmeri) wat in 2018 die eerste keer op ’n katoenplaas in die distrik Douglas in die Noord-Kaap gewaar is, nou ook in die distrik Howick in KwaZulu-Natal en langs die Limpoporivier in die noorde van die Krugerwildtuin gekry is.

Vrydag 29 Oktober 2021

RSG Landbou 29 Oktober 2021

Dr. Charlie Reinhardt, onkruidkenner en buitengewone professor in onkruidwetenskap aan die universiteite van Pretoria en Stellenbosch, het bevestig dat die Palmer-misbredie (Amaranthus palmeri) wat in 2018 die eerste keer op ’n katoenplaas in die distrik Douglas in die Noord-Kaap gewaar is, nou ook in die distrik Howick in KwaZulu-Natal en langs die Limpoporivier in die noorde van die Krugerwildtuin gekry is.

Donderdag 28 Oktober 2021

RSG Landbou 28 Oktober 2021

Landbou juig oor die welkome reën wat in die Noord-Kaap geval het. Carin Venter kuier by Henco du Plessis, ‘n skaapboer van die bergagtige suurveld tussen Kareedouw en Humansdorp. Dié familie boer sedert die 1800’s in hierdie gebied, en die bydrae is opgeneem tydens ‘n 4x4-uitstappie op die plaas. Daar is nuus oor vleispryse, en ons hoor hoe lyk die weervooruitsigte.

POTGOOI (aanddiens)

INTERAKTIEF

Volg ons op sosiale media: