19:30 - 20:00

Kompas

Met Hazel Janse van Rensburg

Nou op die lug: 20:00 - 21:00

RSG Kuns

Met Christelle Webb-Joubert

Christelle Webb-Joubert

Volgende: 21:00 - 21:10

Nuus & Weer

21:10 - 21:20

Laataandboekvoorlesing

Tuis | Potgooi | Potgooi Episode

Soek nog potgooi

RSG Landbou

Donderdag 21 Oktober 2021

RSG Landbou 21 Oktober 2021

Die wêreld se top 100 wingerde is onlangs aangewys, en die bekende Steenberg wynlandgoed en twee ander Constantia wynplase het dié lys gehaal. ‘n Bekende in die wynbedryf, dr. Winnie Bowman, gesels oor dié kompetisie. Elunda Basson van Steenberg praat oor hulle prestasie. Frans de Klerk praat oor die verwikkelinge met die sojaboonprys. Johan van den Berg het nuus oor die weer. Chris Derksen het nuus oor die jongste vleispryse.

Woensdag 20 Oktober 2021

RSG Landbou 20 Oktober 2021

Sauvignon Blanc Suid-Afrika het onlangs hulle top 10 wyne vir 2021 aangewys. RSG Landbou was daar. Brad O’Neill, ‘n suikerboer van Richmond in KwaZulu-Natal, is as Kwanalu se Jongboer van die Jaar gekroon. Ons vind meer uit oor sy boerdery.

Dinsdag 19 Oktober 2021

RSG Landbou 19 Oktober 2021

Prof. Hettie Schönfeldt van die Universiteit van Pretoria en dr. Erhard Briedenhann van die Proteïennavorsingstigting praat oor sojabone vir menslike gebruik. Heinrich Victor het nuus oor wolpryse. In ons maandelikse kuilvoergesprek, fokus Richardt Venter van Agsci Unlimited op gebaalde kuilvoer. Prof. Jacquie van der Waals van die Universiteit van Pretoria gesels oor haar meer as 20 jaar se navorsing op aartappels.

Maandag 18 Oktober 2021

RSG Landbou 18 Oktober 2021

Wat is die voor- en nadele van hidroponiese groenvoer? Daar is nuus oor veilings wat hierdie week plaasvind. Ons hoor by Willem de Klerk van die Potgietersrus-omgewing waarom hulle met Moringa boer, en wat dié plant so voordelig vir mens en dier maak.

Saterdag 16 Oktober 2021

RSG Landbou 16 Oktober 2021

Westley Ferguson is ‘n landbou-ekonoom by AgriSA Enterprises, ‘n filiaal van AgriSA. Laasgenoemde fokus op beleid. AgriSA Enterprises se taak is om die kommersiële landbougeleenthede as konsultasiemaatskappy te ondersteun. Ferguson verduidelik waarom dit juis landbou is wat sentraal staan tot die sukselsvolle aanbieding van groot sportbyeenkomste, soos die Olimpiese Spele.

POTGOOI (aanddiens)

INTERAKTIEF

Volg ons op sosiale media: