06:00 - 07:00

Monitor

Met Udo Carelse

Nou op die lug: 07:00 - 09:00

Op en Wakker

Met Renske Jacobs , Gustav Greyling

Renske Jacobs
Gustav Greyling

Volgende: 09:00 - 11:30

Intussen met Eloise

Met Eloise Cupido

11:30 - 12:00

Finansies

Met Eloise Cupido

Tuis | Potgooi | Potgooi Episode

Soek nog potgooi

RSG Landbou

Woensdag 27 Oktober 2021

RSG Landbou 27 Oktober 2021

Om bosluisweerstandigheid te vermoed, is een ding, maar om dit te bevestig, behels meer as net ‘n eenvoudige toets. Dr. Louis Boag van Elanco Dieregesondheid verduidelik wat dit behels. Varkgenetika is in Julie vanjaar na Nigerië uitgevoer. Dr. Danie Visser van Alliance Genetics SA vertel meer hiervan. Koos du Pisanie gesels met Thinus van Schalkwyk van BKB oor skaaphondopleiding. Ingrid Boshoff van Syngenta gee raad oor slim onkruidbeheer by mielies.

Dinsdag 26 Oktober 2021

RSG Landbou 26 Oktober 2021

‘n Verhoging in die brandstof- en dieselprys is nie goeie nuus vir die landbou nie, en die pryse van kunsmis en chemikalieë het reeds die hoogte in geskiet. Wandile Sihlobo verduidelik wat die impak daarvan op boere sal wees. Koos du Pisanie is by Hoërskool Prieska om meer uit te vind van die opleiding wat BKB onlangs by dié skool vir leerlinge en plaaswerkers aangebied het. Heinrich Victor is terug met wolprysnuus.

Maandag 25 Oktober 2021

RSG Landbou 25 Oktober 2021

Graan SA se Groei vir Goud-kompetisie het ‘n hele paar rekords opgelewer. Daar is soos altyd op ‘n Maandag veilingsnuus. Koos du Pisanie het by Dewald van den Berg van Petrusburg meer gaan uitvind oor turksvye as deel van ‘n veevoedingsprogram.

Saterdag 23 Oktober 2021

RSG Landbou 23 Oktober 2021

Die Covid-19-pandemie het daartoe bygedra dat aanlynhandel baie toegeneem het. Nile.ag Marketplace is ’n nuwe aanlynplatform wat die handel in vars produkte oor grense heen vergemaklik. Dit bied aan handelaars die geleentheid om hulle vars produkte aan kommersiële kopers dwarsoor Suid-Afrika en die res van Afrika te verkoop. Louis de Kock het die platform saam met Eugene Roodt en Rick Kleinhans op die been gebring. De Kock het op ’n groenteplaas by Barkly-Wes in die Noord-Kaap grootgeword, en was voorheen die kategoriebestuurder van vars produkte by Amazon in Amerika. Hy sluit by ons aan.

Vrydag 22 Oktober 2021

RSG Landbou 22 Oktober 2021

Kleinveeboere moet seker maak hulle ent hulle diere korrek in teen slenkdalkoors om die doeltreffendheid van die entstof te verseker, sê dr. Didi Claassen van AfriVet. Sy sê dit is onnodig om voor ’n uitbreking slegs een naald per inenting per skaap te gebruik, maar dat dit beslis geld as daar ’n uitbreking in die omgewing is. Plaaslike Wagyu-boere het die afgelope jaar baie sukses behaal. Johan de Vos, die voorsitter van WagyuSA, sluit by ons aan.

POTGOOI (aanddiens)

INTERAKTIEF

Volg ons op sosiale media: