23:00 - 23:10

Nuus & Weer

Nou op die lug: 23:10 - 23:59

Tjil

Met Phil Loots

Phil Loots

Volgende: -

-

Tuis | Potgooi | Potgooi Episode

Soek nog potgooi

RSG Landbou

Vrydag 15 Oktober 2021

RSG Landbou 15 Oktober 2021

Die gebruik van digitale landbou, robotte, nuwe onkruiddoders, biologiese bekamping en klimaatrisikobestuur sal saam ’n belangrike rol in toekomstige onkruidbestryding speel. Die beperkinge wat onkruid op die produksie van voedsel plaas, is een van die grootste risiko’s in die afsienbare toekoms. Dr. Albert Strever werk vir die Fakulteit Landbouwetenskappe by die US Landbou-informatika, en innovasie-platforms word ook deur hom bestuur. Hy brei uit oor navorsing wat tans gedoen word oor robotte in landbou.

Donderdag 14 Oktober 2021

RSG Landbou 14 Oktober 2021

Wildbedryf Suid-Afrika het die afgelope naweek ‘n minikonferensie en nasionale veiling aangebied. Ons gesels met Gerhard Reyneke, president van dié organisasie. Dr. Herman Els verduidelik waarvoor die Sustainable Use Coalition of Southern Africa hulle beywer. Andrew Masterson vertel van die Milagro-veiling by Oesterbaai. Daar is oudergwoonte nuus oor die weer en vleispryse.

Woensdag 13 Oktober 2021

RSG Landbou 13 Oktober 2021

Die Hoëveld Veilingsentrum net buite Standerton bied waardevolle dienste aan telersgenootskappe en nasionale produksieveilings. Frik Verster, ‘n bekende in dié bedryf, gesels hieroor. Theo Boshoff van Agbiz verduidelik ons waarop die nasionale infrastruktuurplan vir 2050 fokus. Dr. Louis du Pisani gee raad oor bosverdigting en -indringing.

Dinsdag 12 Oktober 2021

RSG Landbou 12 Oktober 2021

Daar is tans 600 weerstasies in Suid-Afrika. Chris Kaempffer van die Landbounavorsingsraad praat oor die waarde van die data wat hierdie stasies aan die landbousektor bied. Heinrich Victor sluit weer by ons aan met nuus oor wolpryse. Dr. Willem Jansen van Rensburg van die Landbounavorsingsraad gesels oor inheemse, of tradisionele, groente wat in Suid-Afrika verbou word.

Maandag 11 Oktober 2021

RSG Landbou 11 Oktober 2021

Barnie de Klerk van TWK en Agbiz Grain praat oor die vooruitsigte vir die graan- en oliesademark. Daar is heelwat nuus oor veilings. Plaas Media se Koos du Pisanie het ‘n boerbokkursus bygewoon. Kursusgangers het van heinde en verre bymekaar gekom, en ons hoor hoe hulle dit ervaar het.

POTGOOI (aanddiens)

INTERAKTIEF

Volg ons op sosiale media: