21:00 - 21:10

Nuus & Weer

Nou op die lug: 21:10 - 23:00

Dis opera

Met Charl van Heyningen

Charl van Heyningen

Volgende: 23:00 - 23:10

Nuus & Weer

23:10 - 23:59

Tjil

Met Phil Loots

Tuis | Potgooi | Potgooi Episode

Soek nog potgooi

RSG Landbou

Saterdag 6 November 2021

RSG Landbou 6 November 2021

Ons kuier by Agri Wes-Kaap se uitvoerende hoof, Jannie Strydom. Ons kyk terug op 2021 en beskou veral die hoogtepunte. Volgens Strydom is daar baie om voor danbaar te wees, selfs te midde van uitdagings, wat die pandemie insluit. Hy deel belangrike datums op Agri Wes-Kaap se kalender, en gee besonderhede oor landbou-aktiwiteite wat vir 2022 beplan word.

Vrydag 5 November 2021

RSG Landbou 5 November 2021

Boere het daagliks te doen met siektes en plae wat die gewasse waaraan hulle soveel tyd en geld bestee, skade kan aandoen. Daar is egter hulp beskikbaar by die Landbounavorsingsraad se Instituut vir Plantgesondheid en -beskerming by Roodeplaat buite Pretoria. Dr. Chantelle Girgan sluit by ons aan om produkte wat verband hou met die bevordering van plantegroei, en maniere om insetkostes te verlaag, te verduidelik. Dr. Didi Claassen van AfriVet praat oor die stand van sake met ‘n uitbreking van hondsdolheid. Sy werp ook meer lig op veeartskostes, en die belangrikheid van ‘n gevestigde verhouding met jou naaste dieredokter.

Donderdag 4 November 2021

RSG Landbou 4 November 2021

Jannie Willemse van AECI Plant Health praat oor aanlyn digitale platforms, wat al hoe meer deur produsente gebruik word. Ons hoor by dr. WA Lombard van die Universiteit van die Vrystaat watter skaapproduksiestelsels in Suid-Afrika werk. Johan van den Berg het nuus oor die weer, en Chris Derksen vertel wat met vleispryse gebeur het.

Woensdag 3 November 2021

RSG Landbou 3 November 2021

Die Xhariep-streek van die SA Landbouskrywers het onlangs hulle jaarlikse toekenningsgeleentheid aangebied. Hugo Lochner vertel wat daar gebeur het. Ons gesels met dr. Andries Daniels wat as die Noord-Kaap se Landboukundige van die Jaar aangewys is. Ons hoor by Jannie Willemse van AECI Plant Health hoe hommeltuigtegnologie in landbou gebruik word om peste en plae te identifiseer.

Dinsdag 2 November 2021

RSG Landbou 2 November 2021

Waarom is die spoed van inkuiling so belangrik by kuilvoer? Richardt Venter van Agsci Unlimited verduidelik. Heinrich Victor vertel wat onlangs met wolpryse gebeur het. Carin Venter het meer oor dikkopsiekte gaan uitvind. Dit kom veral onder skaap- en bokramme voorkom.

POTGOOI (aanddiens)

INTERAKTIEF

Volg ons op sosiale media: