23:10 - 23:59

Tjil

Nou op die lug: 23:10 - 23:59

Deurnag (Maandag)

Volgende: 05:25 - 05:55

RSG Landbou

Met Lise Roberts

05:55 - 06:00

Vroegoggendgedagte

Tuis | Potgooi | Potgooi Episode

Soek nog potgooi

RSG Landbou

Woensdag 24 Desember 2014

RSG Landbou 24 Desember 2014

Die Graansilobedryf is nou ook deel van Agbiz, en dr. John Purchase verduidelik die rasionaal agter die besluit. Deetlefs wynlandgoed is die wynplaas in die Wes-Kaap wat die tweede langste in familiebesit is. Lise Roberts gesels met Lafras Uys oor hulle wyne. En die bestuurshoof van Graan Suid-Afrika, Jannie de Villiers, se Kersboodskap sal boere sonder twyfel motiveer.

Dinsdag 23 Desember 2014

RSG Landbou 23 Desember 2014

Die Universiteit van Stellenbosch het redelik onlangs met Pinotage-navorsing begin. Die Pinotage Assosiasie sien dit as waardevolle inligting vir die Pinotageprodusent. 'n Erelid van die assosiasie, Francois Naude, vertel wat die waarde vir hom is. Hy praat ook oor sy loopbaan van apteker af tot wynmaker. En die melkboer het volgens die MPO 'n redelike stil jaar beleef, maar hoe lyk 2015? Bertus de Jongh praat met die boere hieroor.

Maandag 22 Desember 2014

RSG Landbou 22 Desember 2014

Alhoewel die wynplase in die Breedekloofvallei reeds talle generasies bestaan, is die Breedekloofvallei-wynstreek redelik onlangs gestig. Gerrit van Zyl van Bothakelders en 'n direkteur van die streek vertel waarvoor hulle bekend is. Die president van Agri SA, Johannes Moller, gesels ook oor die jaar se landboukersfees.

Vrydag 19 Desember 2014

RSG Landbou 19 Desember 2014

Wat is krities by die ontwerp van 'n plaasdam?

Donderdag 18 Desember 2014

RSG Landbou 18 Desember 2014

Grondhervorming is bo-aan die lys vir Wildbedryf Suid-Afrika in 2015. Kwessies rondom die vleisskema wat tans nie na wense vorder nie, is ook 'n prioriteit. Die president van WRSA, dr. Peter Oberem, praat met Lise Roberts hieroor. Die Suid-Kaap is herontdek as 'n gesogte wynstreek. Jan-Hendrik Joubert van Baleia Bay praat oor die landbou-omstandighede vir wingerde.

POTGOOI (aanddiens)

INTERAKTIEF

Volg ons op sosiale media: