06:00 - 07:00

Monitor

Met Udo Carelse

Nou op die lug: 07:00 - 09:00

Op en Wakker

Met Renske Jacobs , Gustav Greyling

Renske Jacobs
Gustav Greyling

Volgende: 09:00 - 11:30

Intussen met Eloise

Met Eloise Cupido

11:30 - 12:00

Finansies

Met Eloise Cupido

Tuis | Potgooi | Potgooi Episode

Soek nog potgooi

RSG Landbou

Woensdag 31 Desember 2014

RSG Landbou 1 Januarie 2015

Minder mielies sal voortaan vir die vervaardiging van etanol gebruik word, volgens die American Seed Trade Association. Willem Engelbrecht van K2 Saad het vroeg in Desember die kongres in die VSA bygewoon, en hy praat met Lise Roberts hieroor. Die Diners Club wynmaker van die jaar, Christiaan Groenewald van Arendskloof, gesels oor die eer wat hom toegeval het.

Woensdag 31 Desember 2014

RSG Landbou 31 Desember 2014

Agbiz, of soos dit vroeër bekendgestaan het as die Landbou Besigheidskamer, se Agrivooruitskouing vir 2015 kom onder die soeklig. Lise Roberts het by die bestuurshoof, dr. John Purchase, gaan inloer om vas te stel wat hulle siening is van landbou in 2015.

Dinsdag 30 Desember 2014

RSG Landbou 30 Desember 2014

Die melkverbruiker besef nie altyd wat 'n produsent se insetkoste behels nie, en ook nie die wetlike vereistes waaraan voldoen moet word nie. Barbara Bieldt van die Melkprodusente Organisasie gee meer insig. Die voorsitter van die Worcester Wyn en Olyfroete praat met Lise Roberts oor die unieke eienskappe van die boere en hulle produkte in daardie gebied.

Maandag 29 Desember 2014

RSG Landbou 29 Desember 2014

Boere in die Breedekloofvallei wat beeste besit, word ook deur predasie geteiken. Dis veral die luiperd wat 'n probleem is. Kosie Marais, eienaar van Breëland-landgoed, praat oor die probleem. Die nuutverkose visepresident van Agri SA, Dan Kriek, praat oor die uitdagings van die landboujaar wat verby is, maar kyk ook na hulle fokuspunte vir 2015.

Donderdag 25 Desember 2014

RSG Landbou 26 Desember 2014

Chris Viljoen kyk na die Landsdiens-beweging wat sy 100ste bestaansjaar vier.

POTGOOI (aanddiens)

INTERAKTIEF

Volg ons op sosiale media: