15:00 - 15:05

Nuus

Nou op die lug: 15:05 - 17:45

Spitstyd

Met Willem Pelser

Willem Pelser

Volgende: 17:45 - 18:00

Brandpunt

18:00 - 18:10

Nuus & Weer

Tuis | Potgooi | Potgooi Episode

Soek nog potgooi

RSG Skatkis

Sondag 1 Desember 2019

DEURnis 1 – Bloos deur Johann Smith

Barend ontmoet iemand deur die gewilde toep Tinder en nooi haar na sy hotelkamer vir 'n diskrete afspraak. Dit is nie iets wat jy van Barend sou verwag nie. Inteendeel, van Barend word net die beste verwag. Sy hele lewe lank het hy die samelewing se verwagtings van hom oortref. Maar gaan die aand verloop soos hy dit beplan het? 'n Teer drama met 'n roerende wending. Slegs vir volwassenes.

Sondag 1 Desember 2019

Spoegrym

'n Span kreatiewes draf met 'n skêr en gom deur die digkuns. Soos die versreëls uitmekaar waai, word daar opnuut met die woord gewals en nuut geskep. En soos van die groot Beat-digters en selfs Kurt Cobain van Nirvana-faam ontdek het, kan 'n mens met hierdie klas versnippering 'n ieder en 'n elk verras. Van Bertolt Brecht en R.K. Belcher se moppies tot DJ Opperman, Rumi en selfs Pablo Neruda beland in hierdie bredie.

Woensdag 14 November 2018

KRANSPOORT SE KRAGPROBLEEM deur Dalene Matthee

Kitty Maritz gaan konfronteer burgemeester Stefaans Steyn oor die dorp se elektrisiteitsprobleem en verskeie eenhede krag wat maandeliks spoorloos verdwyn. Stefaans hou egter nie met Kitty se slim planne tred nie. En voordat hy sy oë uitvee, verras Kitty hom met iets wat heeltemal die wind uit sy seile neem. Of dalk nie?

Woensdag 14 November 2018

Wipplank: Tobie Cronjé 70

Tobias Jurgens Cronje vier in November vanjaar sy 70ste verjaardag. Hy het drama aan die Universiteit van Pretoria gestudeer. Sy professionele loopbaan het in 1972 begin in die Truk-produksie van The Fantastics. Na meer as vier dekades in die bedryf, word hy steeds onthou vir rolle soos die van Willem, in die gelyknamige TV-reeks. Hy was ook te sien in flieks soos Kootjie Emmer en Babbelkous en Bruidegom, terwyl hy op die verhoog bekend is om sy talle “dames” in Janice Honeyman se jaarlikse pantomimes. Saam met sy vriendin en die aktrise Grethe Fox en die regisseur Andre Stolz, kuier die drie saam om Tobie se lewe en loopbaan te vier.

Dinsdag 13 November 2018

‘N MENS WEET NOOIT deur Dalene Matthee

Ouma Marais is aan haar bed en rolstoel gekluister. Naby Stilbaai-Wes, hoog tussen die digbegroeide duine, sit Ouma Marais se huis met die wye vensters sodat sy vêr kan uitkyk oor die kalkpaadjies, taaibos, roesbruin rotse en die see. Dan merk sy 'n vreemde man op die strand, en por haar kleindogter, Engela, aan om te gaan ondersoek instel.

POTGOOI (aanddiens)

INTERAKTIEF

Volg ons op sosiale media: