06:00 - 07:00

Monitor

Met Udo Carelse

Nou op die lug: 07:00 - 09:00

Op en Wakker

Met Gustav Greyling , Renske Jacobs

Gustav Greyling
Renske Jacobs

Volgende: 09:00 - 11:30

Intussen met Eloise

Met Eloise Cupido

11:30 - 12:00

Wie is ek?

Met Lise Swart

Tuis | Potgooi | Potgooi Episode

Soek nog potgooi

RSG Skatkis

Vrydag 1 Desember 2017

ONS DORP deur Thornton Wilder

Die Amerikaanse dramaturg Thornton Wilder se Our Town is vanjaar 80 jaar oud en is in 1938 met die Pulitzer-prys vir Drama bekroon. Die immergroen verhaal handel oor die mense van Grover's Corners in New Hampshire. Die luisteraars volg die Gibbs- en Webb-gesinne oor 'n tydperk van twaalf jaar; deur hul alledaagse lewe, liefde en trou tot en met die dood en ewigheid. Deur die geliefdes Emily en George, hul sterk en liefdevolle ouers asook die vele ander plaaslike mense lewer Wilder universele waarhede oor wat dit is om mens te wees. Propvol humor en spitsvondigheid is Ons dorp steeds een van die mees opgevoerde, tydlose en klassieke verhoogdramas.

Donderdag 30 November 2017

DIE MAN MET DIE BLOM IN SY MOND deur Luigi Pirandello

'n Vredeliewende sakeman verpas die laataandtrein. Hy gaan sit en wag in 'n deurnagkafee vir die volgende oggend se trein. Hier ontmoet hy 'n ouer man wat hom beïndruk met sy fyn waarnemingsvermoë en liefde vir die lewe. Die sakeman is verras met wat die man alles raaksien, totdat die man iets oor homself onthul...

Donderdag 30 November 2017

FRANK & GLADYS deur Tom Stoppard

Frank skakel die telefoondiens wat die korrekte tyd aandui, maar herken dadelik die vrouestem aan die ander kant van die lyn. Dis sy oorlede vrou, Gladys! Hy besluit om die gebou wat hierdie diens lewer, binne te vaar en te eis dat die Owerhede sy vrou vrylaat.

Donderdag 30 November 2017

BRAAM VIER: DIT WAS ‘N VOORGEVOEL deur Abraham H. de Vries

Twee broers het weens 'n familietwis vir 23 jaar lank nie kontak met mekaar gehad nie. Die oudste broer het ernstig siek geword en op sy sterfbed vra die gesinsdokter hom of hy die jonger broer moet ontbied om te kom afskeid neem, maar die koerante het 'n berig geplaas waarin gemeld is dat die jonger broer 'n belangrike prys in Swede sou ontvang. Gevolglik wou die ouer broer nie inbreuk maak op sy kleinboet se prestasie nie. Die jonger broer daag egter skielik op omdat hy skynbaar iewers van sy ouboet se siekte gehoor het. Of het hy dalk op 'n gans ánder voorgevoel gereageer?

Donderdag 30 November 2017

DIE ONSIGBARES: MOEDER deur Krisjan Fourie

'n Anderse staar in die vreemde. Hierdie verhale is nie eintlik spookstories nie, maar het 'n geskiedkundige grondslag. Dit verken Suid-Afrikaanse gebeure en mense in 'n vermenging van woorde, stem en klank. Gebeure soos die Laingsburg-vloed, die eerste hartoorplanting, die gifmoordenares Daisy de Melker asook die vrou wie se lyk regoor Johannesburg in stukke gevind is, word vertel. Die onsigbares is geskryf deur Krisjan Fourie en word meesterlik voorgelees deur Nic de Jager met die sinistere sout-en-peper-klanklandskap van Paul Riekert (van Battery 9-faam).

POTGOOI (aanddiens)

INTERAKTIEF

Volg ons op sosiale media: