12:00 - 13:00

Spektrum

Met Suzanne Paxton

Nou op die lug: 13:00 - 14:45

driesestig

Met Martelize Brink

Martelize Brink

Volgende: 14:45 - 15:00

Middagvervolgverhaal

15:00 - 15:05

Nuus

Tuis | Potgooi | Potgooi Episode

Soek nog potgooi

RSG Skatkis

Maandag 2 Desember 2019

DIE SUSTER M’T DIE SNOR deur Ferdinand Deist

Ou suster Anna was 'n onkantige ent mens gewees en dan't sy pebliek 'n snôr onner haar neus gehad – 'n pikswarte. Die ou Skot Mister Miknemara is bedlêend en sorg eendag dat ou suster Anna sowaar 'n glimlag onner daai snôr kry.

Maandag 2 Desember 2019

EN TOE KOM EVA deur Joe Kleinhans

Daar is haas geen mens op Aarde wat nie die verhaal van Adam en Eva iewers in hulle lewens al gehoor of gelees het nie. Die basiese verhaal soos dit in die Bybel opgeteken is, is dat God Adam eerste geskape het, en Eva daarna uit 'n rib van Adam gevorm het terwyl Adam in 'n diepe slaap verkeer het. God het aan Adam en Eva die vryheid gegee om van alles in die Tuin van Eden, die Paradys, te eet, behalwe van die Boom van Kennis van Goed en Kwaad. Die Slang, of Satan soos dit welbekend is, het egter uit sy pad gegaan om die salige bestaan van die eerste man en vrou op aarde te verongeluk deur Eva te mislei om van die verbode vrug van die boom in die middel van die tuin te eet. Die res is, om die cliche te gebruik, geskiedenis. Joe Kleinhans se verhaal volg wel die breë skeppingsmite van die eerste mense op Aarde, maar met 'n bietjie humor en anachronistiese kinkels daarby: Eva sit op Adam se kop en sy boer met haar neus in perkamentrolle wat net deur mans geskryf is. Iets wat haar dwars in die krop steek. Sy sou graag meer opwinding wou beleef, maar die kreatuur wat homself Adam noem, wil net hê sy moet gaan vrugte pluk en water haal. En boonop is hy 'n vrot vryer. Die wyse Uil probeer die saak beredder, want hy is deeglik bewus van die opdrag dat Adam en Eva, soos al God se skepsele, moet vrugbaar wees en vermeerder. Maar daar's 'n uiters flambojante, romantiese vent wat by Eva vlerksleep en alles in sy vermoë doen om haar te verlei... Om alles te kroon, is daar groot ongelukkigheid onder die diere vir die onsensitiewe name wat sommige van hulle van die einste Adam gekry het.

Maandag 2 Desember 2019

DEURnis 2 – Student deur Braam van der Vyver

Sonja werk al vir agt jaar lank in Potchefstroom se gastehuise. Haar ouers dink sy swot met prestasiebeurse, en stuur steeds elke maand sakgeld. Volgens haar studeer sy menslike bewegingskunde. Daar is baie dinge wat sy vir haarself hou. Tot sy saam met iemand in 'n gastehuis begin drink... Toe begin sy praat. Slegs vir volwassenes.

Maandag 2 Desember 2019

HERMAANS ASKIES SE OPPERASIE deur Ferdinand Deist

Hermaans Askies word deur die blondekop vrouedoktertjie versoek om hom tot op sy “menslikheid” uit te trek. En toe word hy skielik gevra om die laken te laat sak... Wat nou?

Sondag 1 Desember 2019

Majesteit die kat – Lina Spies

Johan Rademan gesels met die digter Lina Spies oor haar liefde vir katte. Die akteur en voorleser Nic de Jager sit saam om met voorlesings om die tafel haar werke in te kleur. Lina Spies is op 6 Maart 1939 - die jaar waarin die Tweede Wêreldoorlog begin het, gebore. Haar liefde vir katte is alombekend, maar 'n sekere siklus en sluiting oor die naamgewing van haar katte is nou voltooi. Die naam slaan reguit terug uit haar eerste digbundel, Digby Vergenoeg, wat in 1971 verskyn het uit die vers Vir Anne Frank van de Achterhuis in die strofe, “weer moes Peter maar vir Mouschi streel.” Lina Spies het vanjaar haar 80ste verjaardag gevier.

POTGOOI (aanddiens)

INTERAKTIEF

Volg ons op sosiale media: