07:00 - 09:00

Op en Wakker

Met Renske Jacobs , Gustav Greyling

Nou op die lug: 09:00 - 11:30

Intussen met Eloise

Met Eloise Cupido

Eloise Cupido

Volgende: 11:30 - 12:00

Groeipyne

Met Anthea Fredericks

12:00 - 13:00

Spektrum

Met Suzanne Paxton

Tuis | Potgooi | Potgooi Episode

Soek nog potgooi

RSG Skatkis

Maandag 12 November 2018

VÊR VAN DIE VERGETELHEID – WILMA STOCKENSTRÖM deur Ina Strydom

'n Huldigingsprogram oor die digter en aktrise Wilma Stockenström wat op 7 Augustus vanjaar 85 jaar oud geword het. Sy word allerweë bestempel as een van die grootste stemme ná die Sestigers, en is een van 'n handjievol skrywers wat die Hertzogprys in twee genres ontvang het. Die program fokus op voorlesings uit die digbundel, Van Vergetelheid en van Glans en die roman Abjater wat so lag - die werke waarvoor sy met die Hertzogprys bekroon is. Stockenström kan self ook gehoor word in materiaal uit die SAUK se klankargief.

Vrydag 1 Desember 2017

HERMAANS ASKIES SE OPPERASIE deur Ferdinand Deist

Hermaans Askies word deur die blondekop vrouedoktertjie versoek om hom tot op sy “menslikheid” uit te trek. En toe word hy skielik gevra om die laken te laat sak... Wat nou?

Vrydag 1 Desember 2017

DIE WOORDEMAKER deur Ina Strydom

W.A. de Klerk sou vanjaar 100 jaar oud gewees het. Die hoorbeeld is 'n viering van die veelkantige vakman se werk. Dis 'n herontdekking van 'n woordsmid by uitstek. De Klerk was radioman, advokaat en skrywer. Toe die skryfgogga hom beetpak, het hy besef advokaatwees en skrywerskap is wedersyds uitsluitend en hy het hom op sy plaas Saffier naby die Paarl gaan vestig waar hy 'n vrugtekweker was. De Klerk was 'n veelsydige skrywer en het jeugverhale, reisverhale, essays, romans en dramas geskryf.

Vrydag 1 Desember 2017

DIE ONSIGBARES: HARTSTOG deur Krisjan Fourie

'n Anderse staar in die vreemde. Hierdie verhale is nie eintlik spookstories nie, maar het 'n geskiedkundige grondslag. Dit verken Suid-Afrikaanse gebeure en mense in 'n vermenging van woorde, stem en klank. Gebeure soos die Laingsburg-vloed, die eerste hartoorplanting, die gifmoordenares Daisy de Melker asook die vrou wie se lyk regoor Johannesburg in stukke gevind is, word vertel. Die onsigbares is geskryf deur Krisjan Fourie en word meesterlik voorgelees deur Nic de Jager met die sinistere sout-en-peper-klanklandskap van Paul Riekert (van Battery 9-faam).

Vrydag 1 Desember 2017

HUILBOEK deur Ryk Hattingh

“Die wenboek van vanjaar se kykNET-Rapportprys vir fiksie is 'n verhaal wat oor baie dinge gaan. Een daarvan is taal en verlange, hoe die taal Afrikaans self 'n uitdrukking word van 'n verlange wat in sy wese onvervulbaar is, en die boek 'n liefdesbrief van ver af, sonder adres. Die onheelbare pyn van 'n vader wat nie van sy seun gehou het nie is miskien die gravitasiekolk, die black hole in die boek waarheen alles neig, maar van waar geen lig kan kom nie.” 'n Nuwe werk deur wyle Ryk Hattingh; sy eerste in negentien jaar. Helder en poëties en tegelyk liries en wys, en meedoënloos eerlik.

POTGOOI (aanddiens)

INTERAKTIEF

Volg ons op sosiale media: