06:00 - 07:00

Monitor

Met Udo Carelse

Nou op die lug: 07:00 - 09:00

Op en Wakker

Met Gustav Greyling , Renske Jacobs

Gustav Greyling
Renske Jacobs

Volgende: 09:00 - 11:30

Intussen met Eloise

Met Eloise Cupido

11:30 - 12:00

Wie is ek?

Met Lise Swart

Tuis | Potgooi | Potgooi Episode

Soek nog potgooi

RSG Skatkis

Woensdag 29 November 2017

VERTOONKAS, saamgestel deur Kirby van der Merwe

Kyk saam met Kirby van der Merwe en digters soos Martjie Bosman, Sipho Sepamla, C. Louis Leipoldt, Andries Bezuidenhout, Motshile Nthodi, Jolyn Phillips, Dan Roodt, D.J. Opperman, Johan Myburg en N.P. Van Wyk Louw deur die glaspanele, deur die ruite na binne en vanuit die verseëlde vertoonkas na buite deur die spieël in 'n raaisel.

Woensdag 29 November 2017

DIE DOOD VANNIE FOUNMANNETJIE deur Ferdinand Deist

Ou Lettie Ingelbrê kon nou vir jou geskinner 't! Dis nou een swak wat die ou siel gehad 't wat sy net nie ontslae van kan geraak 't nie. Totdat die gemeenskap 'n plan beraam om haar in die bek te ruk…

Woensdag 29 November 2017

SPERTYD deur Elsa Joubert (Deel 2)

Selde is daar al so eerlik, met 'n totale afwesigheid van sentimentaliteit, geskryf oor die oudwordproses. Alles geteken in ryke detail en met die kenmerkende woordvaardigheid van een van Afrikaans se mees gevierde skrywers. Spertyd, voltooi in Elsa Joubert se 95ste lewensjaar, is 'n merkwaardige werk wat geen luisteraar onaangeraak sal laat nie. Luister na uittreksels uit hierdie splinternuwe werk.

Woensdag 29 November 2017

Tweeluik: Marlene van Niekerk-bekendstelling

Die internasionaal bekroonde digter en romansier Marlene van Niekerk in gesprek met die aktrise Susanne Beyers oor haar dubbeldoor-digbundels wat vroeg in 2018 deur Human & Rousseau gepubliseer word. Van Niekerk lees vir die eerste keer en eksklusief uit haar bundels In die stille agterkamer: Gedigte by die skilderye van Jan Mankes 1889-1920 asook Gesant van die mispels: Gedigte by die skilderye van Adriaen Coorte ca. 1659-1707 voor. Volgens wyle Henning Snyman is die bundels 'n “poëtiese en grammatikale kragtoer”, en 'n “ryke aanwins tot die Afrikaanse digkuns en kunsbeskouing”.

Dinsdag 28 November 2017

DIE BONT BY RAAK WEG deur Baron von Münchhausen

'n Boer ontdek dat een van sy bye weggeraak het. Sy seun word dadelik aangesê om die by te gaan soek. Maar dit is nie sommer só 'n soektog nie! Spekskiet is altyd prettig. In hierdie sprokie word vertel van bye wat gebrandmerk word en implemente kan trek, tot hane wat eiers lê en skotskarre trek!

POTGOOI (aanddiens)

INTERAKTIEF

Volg ons op sosiale media: