23:10 - 23:59

Tjil

Nou op die lug: 23:10 - 23:59

Deurnag (Donderdag)

Volgende: 05:25 - 05:55

RSG Landbou

Met Lise Roberts

05:55 - 06:00

Vroegoggendgedagte

Tuis | Potgooi | Potgooi Episode

Soek nog potgooi

Sterre en planete

Sondag 13 September 2020

Sterre en planete 13 September 2020

As mens snags opkyk na die sterrehemel, lyk alles kalm en rustig, maar eintlik kan die ruimte 'n rowwe plek wees. Een van die verskynsels wat die Aarde bedreig, is magnetiese storms. In die verlede was daar twee sulke storms wat opspraak verwek het. Die storm in 1859, bekend as die Carrington-voorval, het groot dele van die VSA en Europa sonder krag gelaat. Meer onlangs het 'n storm Quebec in Kanada getref en ook aansienlike skade aan kragnetwerke aangerig.

Sondag 6 September 2020

Sterre en planete 6 September 2020

Die dood van een van Sterre en Planete se spanlede, dr. Japie van Zyl, het wye reaksie uitgelok en wys hoe geliefd hy in Suid-Afrika was. In hierdie aflewering kyk ons na die mens Japie van Zyl. Daar is 'n gesprek met die persoon by Caltech en JPL, prof. Charles Elachi, wat daarvoor verantwoordelik was dat Japie na die VSA verhuis en 'n loopbaan daar begin het. Jim Adams van Nasa, wat saam met Japie aan ruimteprojekte gewerk het, praat ook saam. En daar is bydraes deur sy broer Ben en Japie se vrou Kalfie.

Sondag 30 Augustus 2020

Sterre en planete 30 Augustus 2020

Een van Sterre en Planete se spanlede, dr. Japie van Zyl, is in Pasadena, Kalifornië in die VSA oorlede. Ons doen ‘n kort huldeblyk aan die geliefde Japie van Zyl. In ander ruimtesake gesels die span oor ‘n paar luisteraarsbriewe en foutiewe opvattings wat mense het. Daar is ook aanduidings dat die maan stadigaan besig is om weg te beweeg van die aarde af. Die bevinding is gemaak met behulp van lasterstrale wat op laserweerkaatsers op die maan gerig is.

Sondag 23 Augustus 2020

Sterre en planete 23 Augustus 2020

Magda Streicher van Polokwane het saam met Clyde Foster 'n besondere toekenning van die Suid-Afrikaanse Amateur Sterrekunde Vereniging gekry. Ons praat met Magda oor haar werk, en waarom sy in sterstringe spesialiseer. Daar is ook nuus oor die ster, Betelgeuse, wat die afgelope maande tekens van verdowwing getoon het. Sterrekundiges het nou ontdek wat die rede daarvoor is. Betelgeuse is een van groot sterre in die Oriongroep.

Sondag 16 Augustus 2020

Sterre en planete 16 Augustus 2020

Hoe vergelyk die ontploffing wat in 2013 deur 'n meteoor bokant Cheljabinks in Rusland gemaak is met die Beiroet-ontploffing? Daar is ook 'n vraag oor hoe die maan deur die jaar skuif. Elon Musk se maatskappy, Space X, is steeds besig om die Starlink-satellietnetwerk uit te brei. Sterrekykers het al begin kla omdat hierdie formasie satelliete hulle sterrekykaktiwiteite beïnvloed. Willie Koorts vertel wat gedoen word om die opsigtelikheid van die satelliete te verminder.

POTGOOI (aanddiens)

INTERAKTIEF

Volg ons op sosiale media: