23:10 - 23:59

Tjil

Nou op die lug: 23:10 - 23:59

Deurnag (Donderdag)

Volgende: 05:25 - 05:55

RSG Landbou

Met Lise Roberts

05:55 - 06:00

Vroegoggendgedagte

Tuis | Potgooi | Potgooi Episode

Soek nog potgooi

Sterre en planete

Sondag 18 Oktober 2020

Sterre en planete 18 Oktober 2020

Sterrekunde in Suid-Afrika is 200 jaar oud.  Willie Koorts praat oor die vroeë geskiedenis van sterrekunde aan die suidpunt van Afrika.  Matie Hoffman verduidelik waarom ‘n swerwersplaneet sonder ‘n son in die ruimte kan ronddryf.  Daar is ook inligting oor waarom radiosterrekundiges kommer uitgespreek het oor die Starlink-satelliete van Elon Musk, waarvan daar al 653 gelanseer is.

Sondag 11 Oktober 2020

Sterre en planete 11 Oktober 2020

Het jy al gewonder wat die mense in die Internasionale Ruimtestasie doen as hulle kleedkamer toe wil gaan? Die span praat oor 'n nuwe toilet wat op pad is na die ruimtestasie. Kobus Olckers verduidelik wat bedoel word as hy praat van 'n sonwind. Lafras Smit vertel watter sterre en planete in Oktober in die hemelruim te sien is, en wat bedoel word met Mars is in opposisie.

Sondag 4 Oktober 2020

Sterre en planete 4 Oktober 2020

Jim Adams, die voormalige adjunktegniesedirekteur van NASA gaan van nou af elke eerste Sondag van die maand aan die program deelneem. Hy vertel hoe hy in ruimte-ingenieurswese beland het en oor watter sendings hy beheer gehad het. Hy praat ook oor die Osiris-Rex sending waartydens 'n tuig in November op die asteroïede, Bennu, materiaal sal versamel om terug te bring aarde toe. Die ander spanlede is prof. Matie Hoffman en Willie Koorts.

Sondag 27 September 2020

Sterre en planete 27 September 2002

Kobus Olckers kyk na die ruimteweervoorspelling. Daar is 'n bespreking na aanleiding van 'n luisteraarsvraag oor hoe paralaks in die ruimte gebruik word om afstand te bepaal. Die kwessie of die ruimte 'n absolute vakuum is, word ook bespreek.

Sondag 20 September 2020

Sterre en planete 20 September 2020

Die ontdekking van moontlike lewe op ons buurplaneet, Venus, het ruimtekundiges opgewonde gemaak. Teleskope maak deesdae van CCD-tegnologie gebruik om beelde uit die ruimte te registreer. 'n Reuse CCD-kamera sal binnekort in 'n teleskoop in Chili geinstalleer word. Die kamera se sensor het 'n grootte van 3,200 megapixels.

POTGOOI (aanddiens)

INTERAKTIEF

Volg ons op sosiale media: