12:00 - 13:00

Spektrum

Met Suzanne Paxton

Nou op die lug: 13:00 - 14:45

driesestig

Met Martelize Brink

Martelize Brink

Volgende: 14:45 - 15:00

Middagvervolgverhaal

15:00 - 15:05

Nuus

Tuis | Potgooi | Potgooi Episode

Soek nog potgooi

Sterre en planete

Sondag 26 April 2020

Sterre en planete 26 April 2020

Hoe ver noord moet jy gaan om die Noorderligte mooi te kan sien, en hoe lyk die koue, noordelike sterrehemel van Baffin-eiland in Noord-Kanada? Sam de Beer van Nunavut in Kanada is 'n gereelde luisteraar na Sterre en Planete. Hy vertel van die sterrehemel in sy omgewing. Die span praat ook oor 'n asteroïed wat later vandeesweek naby die aarde verbyflits. En daar is nuwe inligting oor die uitdying van die heelal.

Saterdag 18 April 2020

Sterre en planete 19 April 2020

Waarom is die windspoed op Mars belangrik vir die Mars-helikopter wat met die volgende sending na die rooi planeet met sy dun atmosfeer, gestuur sal word? Dr. Japie van Zyl verduidelik hoe toetse gedoen is met die helikopter om te verseker dat die tuig, wat onlangs aan die Marstuig gekoppel is, na wense funksioneer. Willie Koorts vertel ook van die grootste supernova-uitbarsting wat tot dusver waargeneem is.

Saterdag 11 April 2020

Sterre en planete 12 April 2020

Een van Sterre en Planete se entoesiaste, Lafras Smit, verskaf elke tweede Sondag van die maand inligting oor waarna mense kan kyk as hulle in die naghemel opkyk. Die span praat ook oor verskillende selfoontoepassings wat mens kan gebruik om na sterre en planete te kyk. Is daar 'n verband tussen die maksimummaan en die minimumson wat ons tans beleef? Die vraag word deur Kobus Olckers uit Amerika beantwoord.

Saterdag 4 April 2020

Sterre en planete 5 April 2020

Hoe raak iemand soos dr. Japie van Zyl van die Jet Propulsion Laboratoty betrokke by die stryd teen Covid-19? Daar is inligting oor 'n onverklaarbare piek in die teenwoordigheid van metaangas in die atmosfeer. Die span praat oor 'n sending wat daarop gemik is om 'n asteroïede te manuvreer sodat dit nie die aarde tref nie. Dit is die Dart-sending waarin 'n gevorderde ioonmotoraandrywingstelsel gebruik sal word.

Sondag 29 Maart 2020

Sterre en planete 29 Maart 2020

Hoe spoor 'n mens 'n asteroïede op? Asteroïedejagter, Nic Erasmus van die SAAO beantwoord vrae soos: Kan mens 'n asteroïede met die blote oog sien? Watter rol speel die teleskope op Sutherland om asteroïedes op te spoor?.Daar tans bykans eenmiljoen asteroïedes gekatalogiseer. Nic vertel ook watter soort asteroïede die gevaarlikste is.

POTGOOI (aanddiens)

INTERAKTIEF

Volg ons op sosiale media: