12:00 - 13:00

Spektrum

Met Suzanne Paxton

Nou op die lug: 13:00 - 14:45

driesestig

Met Martelize Brink

Martelize Brink

Volgende: 14:45 - 15:00

Middagvervolgverhaal

15:00 - 15:05

Nuus

Tuis | Potgooi | Potgooi Episode

Soek nog potgooi

Sterre en planete

Saterdag 21 Maart 2020

Sterre en planete 22 Maart 2020

Hennie Maas en sy gaste praat onder meer oor die instel van teleskope.

Saterdag 14 Maart 2020

Sterre en planete 15 Maart 2020

Het jy al gewonder hoe ons ster, die son, klink? Hennie Maas speel die klank vir jou. 'n Luisteraar van Tulbach het navraag gedoen oor 'n baie helder ster wat in die weste skuins bokant die Winterhoekberge gesien is. Sy wil weet wat dit is. En dit lyk ook of een van die Voyager-satelliete, wat tans in die verre diep ruim is, uiteindelik afgeskakel sal word.

Saterdag 7 Maart 2020

Sterre en planete 8 Maart 2020

Al gehoor van 'n proteïen in die ruimte? Die span vertel van een wat in 'n meteoriet gevind is. Sou dit op lewe elders kan dui? Daar is ook meer inligting oor 'n reuse ontploffing wat miljoene ligjare gelede in die ruimte plaasgevind het. En hulle praat oor 'n nuwe projek waar 'n satelliet opgestuur sal word om ander satelliete te gaan diens.

Saterdag 29 Februarie 2020

Sterre en planete 1 Maart 2020

Een van die sogenaamde vroulike rekenaars, Katherine Johnson, is onlangs in die ouderdom van 101 jaar oorlede. Willie Koorts vertel watter waardevolle werk hierdie vroue in die eerste jare van ruimtevaart by NASA gedoen het. Dr. Japie van Zyl praat oor die trillings wat die Insight-ruimtetuig op Mars waargeneem het. Dit laat die vermoede ontstaan dat die rooi planeet meer aktief is as wat voorheen gedink is. Sterrekundiges het ook onlangs 'n asteroïede waargeneem wat 'n klein maantjie het. Prof Matie Hoffman verduidelik of dit ongewoon is.

Saterdag 22 Februarie 2020

Sterre en planete

Is die helder voorwerp wat tans in die weste te sien is, die aandster? Dis natuurlik nie 'n ster nie, maar die planeet Venus, wat omtrent so groot soos die aarde is. Die span verduidelik hoe mens weet dat jy na 'n ster of 'n planeet kyk. Daar is ook inligting oor die manewales van die rooi reus, Betelgeuse, wat saam met Rigel aan weerskante van die Orion-groep is, en skynbaar op die punt staan om te ontplof.

POTGOOI (aanddiens)

INTERAKTIEF

Volg ons op sosiale media: