12:00 - 13:00

Spektrum

Met Suzanne Paxton

Nou op die lug: 13:00 - 14:45

driesestig

Met Martelize Brink

Martelize Brink

Volgende: 14:45 - 15:00

Middagvervolgverhaal

15:00 - 15:05

Nuus

Tuis | Potgooi | Potgooi Episode

Soek nog potgooi

Sterre en planete

Saterdag 15 Februarie 2020

Sterre en planete

Suid-Afrika se grootste optiese teleskoop, The South African Large Telescope (SALT), moet voortdurend gediens word. Willie Koorts vertel watter herstelwerk tans gedoen word. Kobus Olckers praat oor die pole van die son en planete. En 'n luisteraar het gevra hoe ons weet wat die noord- of suidpool van die son is.

Saterdag 8 Februarie 2020

Sterre en planete

Voyager 2, wat al buite ons sonnestelsel is, het onlangs probleme ondervind. Die satelliet moes toe van die aarde af herstel word. Jy kan hoor hoe dit gedoen is, en dat dit 'n sein 34 uur neem om heen en weer deur die ruimte trek. Daar is meer inligting oor die hardste klank wat op aarde waargeneem is, en dit nie die Saturn-vuurpyle is nie. Prof. Matie Hoffman vertel van 'n studie wat daarop dui dat die sonminimum moontlik daartoe kan lei dat ons besig is om in 'n mini-ystydperk in te beweeg.

Saterdag 1 Februarie 2020

Sterre en planete

Dis nou meer as vyftig jaar gelede dat die kasule van Apollo 1 tydens 'n simulasie aan die brand geslaan het. Dr. Japie van Zyl verduidelik wat fout gegaan het, en hoe 'n gevaarlike onderneming ruimtevaart is. 'n Luisteraar het 'n vraag gevra oor die doeltreffendheid van Lithiumioon-batterye. Die span gesels oor battery-ontwikkeling in die toekoms, en dat superkapasitors die soort batterye kan vervang.

Saterdag 25 Januarie 2020

Sterre en planete

Een van die groot ruimteteleskope, die Spitzer, sal eersdaags nie meer funksioneer nie. Willie Koorts praat oor die belangrike werk wat die teleskoop gedoen het. Dit is 'n teleskoop wat in die infrarooibandwydte werk. Daar is ook inligting oor 'n reuse radioteleskoop wat in Sjina in bedryf gestel is. Die Fast-teleskoop is heelwat groter as sy eweknie in Arecibo, Puerto Rico. Daar word ook gepraat oor nuwe batterytegnologie.

Saterdag 18 Januarie 2020

Sterre en planete

As jy in die veld loop en jy sien 'n besondere klip of rots, hoe sal jy weet of dit 'n meteoriet is of nie? In vanaand se aflewering van Sterre en Planete is daar meer inligting. Die span praat ook oor 'n lig-aangedrewe seil wat in die ruimte gebruik kan word. Ruimtewetenskaplikes is steeds besig om aan planne te dink om ruimte-rommel te beveg en ESA gaan 'n tuig opstuur om te eksperimenteer met hoe die rommel gevang kan word.

POTGOOI (aanddiens)

INTERAKTIEF

Volg ons op sosiale media: