21:00 - 21:10

Nuus & Weer

Nou op die lug: 21:10 - 23:00

Dis opera

Met Charl van Heyningen

Charl van Heyningen

Volgende: 23:00 - 23:10

Nuus & Weer

23:10 - 23:59

Tjil

Met Phil Loots

Tuis | Potgooi | Potgooi Resultaat
  • Program

Ons en die onderwys 8 Oktober 2023

8 Oktober 2023

Johan van Lill praat met Susan Burgess, ‘n onderwyskundige, oor speelgebaseerde leer in voorskoolse onderrig. Hoekom is speel so belangrik vir die ontwikkeling van jonger leerders?


Ons en die onderwys 1 Oktober 2023

1 Oktober 2023

Johan van Lill praat met professor Jean Greyling oor kodering. Hoekom is kodering belangrik vir leerders? Hoe kan skole, wat nie oor die nodige hulpbronne beskik nie, dit aanpak?


Ons en die onderwys 24 September 2023

24 September 2023

Johan van Lill praat met prof. Josef de Beer oor poppedialoog as onderrigleerstrategie in die wiskunde- en wetenskapklaskamer. Hoe kan poppespel gebruik word om wiskunde en wetenskap te onderrig?


Ons en die onderwys 17 September 2023

17 September 2023

Johan van Lill praat met dr. Nanda Klapwijk oor onderrig en ontwikkeling van leesbegrip. Hoe ontwikkel ’n mens leesbegrip? Is dit iets waarmee ouers kan help?


Ons en die onderwys 10 September 2023

10 September 2023

Johan van Lill praat met onderwyskundige Jannie van der Westhuizen oor wat die kernopdrag van skole is, en waarmee hulle besig behoort te wees.


Ons en die onderwys 3 September 2023

3 September 2023

Johan van Lill praat met dr. Jaco Deacon, bestuurshoof van Fedsas, oor die BELA-wetgewing wat tans baie in die nuus is. Wat moet ouers, onderwysers en skole hiervan weet? Wat gebeur nou verder?


Ons en die onderwys 27 Augustus 2023

27 Augustus 2023

Johan van Lill praat met Marieta Nel oor begripstoetse, visuele en ouditiewe tekste en opsommings. Hoe kan onderwysers dit meer suksesvol in die klaskamer aanpak met die leerders sodat hulle dit eendag met sukses in die matriekvraestel kan doen?


Ons en die onderwys 20 Augustus 2023

20 Augustus 2023

Johan van Lill praat met prof. Michael le Cordeur oor hoe onderwysers oor Afrikaans moet dink. Maandag 14 Augustus was Taaldag. Wat is die stand van Afrikaans in skole?


Ons en die onderwys 13 Augustus 2023

13 Augustus 2023

Johan van Lill praat met Marinda Engelbrecht en Margit Meyer-Rödenbeck oor die waarde wat teaterbesoeke vir leerders het. Hulle vertel hoekom dit belangrik is dat leerders hulle leesboekkarakters ook op ‘n verhoog beleef.


Ons en die onderwys 6 Augustus 2023

6 Augustus 2023

Johan van Lill praat met onderwyskundige dr. Jeanette de Klerk-Luttig oor die verhouding tussen ouers en onderwysers. Wat is die dinge wat onderwysers graag wil hê ouers moet hoor en op ag slaan? Wat is die dinge wat ouers wil hê, onderwysers moet van kennis neem?


POTGOOI (aanddiens)

INTERAKTIEF

Volg ons op sosiale media: