06:00 - 07:00

Monitor

Met Udo Carelse

Nou op die lug: 07:00 - 09:00

Op en Wakker

Met Renske Jacobs , Gustav Greyling

Renske Jacobs
Gustav Greyling

Volgende: 09:00 - 11:30

Intussen met Eloise

Met Eloise Cupido

11:30 - 12:00

Finansies

Met Ryk van Niekerk

Tuis | Potgooi | Potgooi Resultaat
  • Program

Kompas 18 Maart 2024

18 Maart 2024

Dieetkundige Nicki de Villiers praat oor gewigsverlies, en wat die beste manier is om aanvullers te gebruik.


Kompas 15 Maart 2024

15 Maart 2024

Hoekom is dit belangrik om te spaar? Waar kan ek my spaargeld belê?


Kompas 14 Maart 2024

14 Maart 2024

Tieners en selfbeeld – Hoe kan ouers weet as daar fout is? Hoe kan hulle hulle tieners help?


Kompas 13 Maart 2024

13 Maart 2024

Arehan Brand kry raad oor hoe om tipiese loopbaan- en beroepsuitdagings te oorkom. Hy vind ook uit hoe leerders by e-leer kan baat.


Kompas 12 Maart 2024

12 Maart 2024

Hoe goed kyk studente na hulle gesondheid? Is hulle bewus van die impak wat sosiale media op hulle geestesgesondheid het? Watter strekoefeninge kan jy doen na ‘n lang dag se sit agter die rekenaar? Amoné Schoombie praat hieroor met ‘n kliniese sielkundige, ‘n biokinetikus en ‘n dieetkundige.


Kompas 11 Maart 2024

11 Maart 2024

‘n Dieetkundige verduidelik wat ‘n gesonde dieet behels, hoe om jou kafeïen- en suikeriname te verminder, en hoe om groente deel te maak van jou daaglikse spyskaart.


Kompas 8 Maart 2024

8 Maart 2024

Dis Wêreld Vrouedag! Chrislynn Sias gesels met Edna Ellman en Cathleen Manuel, wat die weg baan vir die jonger geslag in hulle onderskeie velde.


Kompas 7 Maart 2024

7 Maart 2024

Mart-Leen Oosthuizen  gesels met twee sjefs oor die opleiding van sjefs, die verskeie werksgeleenthede wat daar is, en wat die opleiding alles behels.


Kompas 6 Maart 2024

6 Maart 2024

Arehan Brand verken die nomadiese-leefstyl, en vind dan uit of dit moontlik is om te reis en terselfdertyd ‘n inkomste te verdien. Hy gesels met Sonja van Niekerk, van Four Kids and a Bus, oor haar, haar man en hulle vier kinders se drie jaar lange reis, terwyl beide ouers gewerk het en die kinders skoolgegaan het.


Kompas 4 Maart 2024

4 Maart 2024

Die danser, DfeatSA, vertel sy lewensverhaal. Dans het toevallig op sy pad gekom, en al het hy in die geheim gehoop dat hy ‘n loopbaan daaruit sou kon maak, kon hy nooit raai dat hierdie droom n realiteit sou word nie. Sy talent, geloof en harde werk het hom uit moeilike omstandighede gelig, en vandag leef hy sy drome uit.


POTGOOI (aanddiens)

INTERAKTIEF

Volg ons op sosiale media: