06:00 - 07:00

Monitor

Met Udo Carelse

Nou op die lug: 07:00 - 09:00

Op en Wakker

Met Renske Jacobs , Gustav Greyling

Renske Jacobs
Gustav Greyling

Volgende: 09:00 - 11:30

Intussen met Eloise

Met Eloise Cupido

11:30 - 12:00

Finansies

Met Ryk van Niekerk

Tuis | Potgooi | Potgooi Resultaat
  • Program

Kompas 24 Junie 2020

24 Junie 2020

Arehan Brand praat met Zaida van der Berg, ‘n bestuurder vir vroeë kinderontwikkeling by die Wes-Kaapse Onderwysdepartement, oor hoe jong kinders vaardighede ontwikkel en kennis opdoen deur middel van speel en kommunikasie.


Kompas 23 Junie 2020

23 Junie 2020

Arehan Brand praat met Anita van Vuuren van die Wes-Kaapse Onderwysdepartement se e-leer-direktoraat oor hoe afstandsleer steeds kan plaasvind tydens die inperking, en van professionele ontwikkeling in digitale onderrig en leer vir onderwysers.


Kompas 22 Junie 2020

22 Junie 2020

Arehan Brand gesels met Cilliers Diedericks, ‘n leerder aan die Hoërskool Waterkloof en Pretoria se Junior Burgemeester, oor leierskap. Dominique Matthee, ‘n leerder aan die Hoërskool Oos-Moot in Pretoria, wat onlangs gehelp het met die geboorte van ‘n baba, vertel van hierdie voorval en al die ander dinge waarmee sy besig is in haar gemeenskap.


Kompas 18 Junie 2020

18 Junie 2020

Arehan Brand gesels met Mari Payne van Takalani Sesame oor hulle 20e bestaansjaar in Suid-Afrika en hulle wonderlike bron van onderwys vir jongmense. Tenita Kidelo gesels met jong mense oor hoe hulle van sosiale media gebruik maak tydens die inperking.


Kompas 17 Junie 2020

17 Junie 2020

Salome Nutt, die Wiskunde-onderwyser van die Hoërskool Monument Park in Kraaifontein, doen hersiening van analitiese- en sirkelmeetkunde.


Kompas 16 Junie 2020

16 Junie 2020

Mario Ackermann, die Afrikaan Huistaal vakadviseur van die Eden en Sentraal Karoo Onderwysdistrik in die Wes-Kaap, bespreek Sheila Cussons se gedig, Die Sagte Sprong.


Kompas 15 Junie 2020

15 Junie 2020

Arehan Brand gesels met Carmie Prinsloo van die Hoërskool Montana in Worcester, wat tans eerste op die Suid-Afrikaanse Atletiek Top 10 ranglys is vir die Vroue onder-20 in die 5000 m en 1500 m, en tweede in die 800 m. Die Protea karate-spanlid, Daetania de Laan van Oudtshoorn, vertel van al die kompetisies waaraan sy al deelgeneem het en die sukses wat sy behaal het, in weerwil van die uitdagings wat sy in die gesig moes staar.


Kompas 11 Junie 2020

11 Junie 2020

Arehan Brand praat met Christine Bosman-Vosloo, ‘n sielkundige van Stellenbosch, oor identiteit, die verskillende teorieë daaroorn, en die dinge wat identiteit bepaal. Tenita Kidelo, een van Kompas se veldverslaggewers, gesels ook met ‘n jong Asiese seun wat in ‘n Bruingemeenskap grootgeword het, en uitdagings wat hy in die gesig moes staar.


Kompas 10 Junie 2020

10 Junie 2020

Arehan Brand praat met Juanita van der Merwe, die adjunkhoof opvoedkundige spesialis vir die grondslagfase by die Wes-Kaapse Metro-Sentraal Onderwysdistrik, oor skoolgereedheid vir veral Graad-R-leerders.


Kompas 9 Junie 2020

9 Junie 2020

Arehan Brand praat met Antoinette Venter, ‘n Ekonomie- en Bestuurswetenskappe-vakadviseur, oor finansiële geletterdheid, wat die fondasie vir Rekeningkunde is.


POTGOOI (aanddiens)

INTERAKTIEF

Volg ons op sosiale media: