8 – 10 stukke hoender (verwyder die vel indien jy dit so verkies)
1 eetlepel olyf-of sonneblomolie
3 uie, geskil en fyngekap
fyngekapte stingels en wortels van vars koljander(opsioneel)
3 kardemomsade
3 kaneelstokkies
2 lourierblare
sout na smaak
6 toontjies knoffel, geskil en gerasper met die fyn kant of baie fyn gekap
1 eetlepel fyn gerasperde gemmer
1 teelepel borrie
3 gehoopde eetlepels geroosterde masala of kerriemasala
1 teelepel rooirissiepoeier
1 eetlepel asyn (opsioneel)
1 teelepel suiker (opsioneel)
4 groterige aartappels, geskil en in kwarte gesny
1 bossie vars koljander of dhanya
Verhit die olie in ‘n groot pot en voeg die uie, (koljanderstingels), kardamom, lourierblare en kaneelstokkies by.
Kook oor matige hitte vir 25 – 30 minute.
Voeg elke sowat 5 minute ‘n eetlepel water by en roer deur.
Maak seker dat dit nie vasbrand aan die pot se bodem nie.
Na sowat 25 – 30 minute behoort die uie goudbuin en gaar te wees.
Voeg die gemmer, knoffel, sout, asyn, suiker en al die speserye by en roer goed deur.
Voeg die hoenderstukke en die aartappels by, en roer goed deur. Maak seker dat die sous die vleis en aartappels goed bedek.
Voeg ‘n koppie en ‘n half water by, roer nog ‘n keer en sit die pot se deksel op.
Kook oor matige hitte vir sowat 30 minute, of totdat die aartappels sag genoeg vir jou is.
Maak seker dat jy so af en toe roer sodat niks op die bodem vasbrand nie.
Voeg laastens die vars koljander by, en bedien met rys, roti en ’n tamatie, uie en koljanderslaai.
* Verpligte velde
Aanbieders
E-nuusbrief
E-nuusbrief
Teken in op die RGS E-nuusbrief
E-nuusbrief
Teken in op die RGS E-nuusbrief
Bel Ons
(011) 714 2702
Navrae
info@rsg.co.za