06:00 - 07:00

Monitor

Met Udo Carelse

Nou op die lug: 07:00 - 09:00

Op en Wakker

Met Gustav Greyling , Renske Jacobs

Gustav Greyling
Renske Jacobs

Volgende: 09:00 - 11:30

Intussen met Eloise

Met Eloise Cupido

11:30 - 12:00

Wie is ek?

Met Lise Swart

Tuis | Potgooi | Potgooi Episode

Soek nog potgooi

Driesestig

Maandag 15 November 2021

Sorgsentrum vir volwassenes op outismespektrum

Haidee Muller-Isaacs het gaan inloer in by Huis SJ Marais op Bonnievale, ‘n sorgsentrum vir volwassenes op die outismespektrum. Thia Wentzel en haar man Henk het die sorgsentrum begin omdat hulle nêrens ‘n sorgsentrum vir hulle 21-jarioge seun kon kry nie.

Maandag 15 November 2021

Help suurstofbehandeling vir Lang-Covid?

In die Baai is daar al heelwat mense wat hiperbariese suurstofbehandeling gaan opsoek het nadat hull erge Covid-19 onder lede gehad en daarna gevoel het hulle kom net nie reg nie. Mariska Spoormaker het die suurstoftonnel gaan beproef, en daarna met ‘n paar mense wat daardeur is, gepraat. Maar eers het Beverley Clarke vir Mariska gehelp om in die tonnel te klim.

Maandag 15 November 2021

Brandvoorkoming in graanlande

Pieter Rossouw praat oor brandvoorkoming in die Overberg se graanlande.

Vrydag 12 November 2021

Henning van Aswegen en Flippie van der Merwe kyk terug

Karperde, of is dit nou stootperde, in die voorry? Henning van Aswegen en Flippie van der Merwe het in 1981 teen die magtige All Blacks geskrum. Johan Rademan het by die 1981-Bokreünie met die twee Boklegendes gesels. Flippie was ‘n makrostut, en het die skaal op 132 kg getrek. Hy is 1,96 meter lank. Sy seun Flip het ook Suid-Afrika in die slotposisie verteenwoordig. Henning van Aswegen daarenteen het 100 kg geweeg en was 1,86 meter lank. Hy het twee toetse vir die Bokke gespeel, en het vir die Vrystaat, WP en Transvaal gespeel. Johan Rademan het met die twee legendes gesels.

Vrydag 12 November 2021

Hempies du Toit kyk terug

Hempies du Toit het vier toetse en ‘n verdere 11 wedstryde in die jare tagtog vir die Springbokke gespeel. Hy is vir die eerste keer na Suid-Amerika, maar het nie ‘n toetsgeleentheid gekry nie. Die volgende jaar is hy beloon teen die All Blacks in die nou al bekende meelbomtoer van die Kiwis, wat opgevolg is met ‘n toer na Amerika. Johan Rademan het by die 1981-toerreünie met Hempies gesels.

POTGOOI (aanddiens)

INTERAKTIEF

Volg ons op sosiale media: