23:10 - 23:59

Tjil

Nou op die lug: 23:10 - 23:59

Deurnag (Vrydag)

Volgende: 05:25 - 05:55

RSG Landbou

Met Eloise Pretorius

05:55 - 06:00

Ikra

Tuis | Potgooi | Potgooi Episode

Soek nog potgooi

Driesestig

Vrydag 19 November 2021

Willie Kahts en Rob Louw kyk terug

Nadat die Springbokke van die 1981-meelbomtoer uit Nieu-Seeland weg is met ‘n 1 - 2 toetsreeksnederlaag, het hulle vir die eerste keer in ‘n amptelike toets teen die VSA uitgedraf. Die buitelandse druk was fel teen Suid-Afrika, en eerwaarde Jesse Jackson se naam was prominent as een van die teenstanders van die toer. Hoe het die spelers hierop gereageer, en hoe lewensveranderend was die ervaring? Johan Rademan gesels met die mees senior oorlewende Bok van die 81-groep, die 74-jarige Willie Kahts, en die flank wat teenaanval onder die wêreld se aandag gebring het in die jare tagtig, Rob Louw.

Vrydag 19 November 2021

Thys Burger en Gysie Pienaar kyk terug

Hoe het dit gebeur dat twee spelers van die Springbokke die vlagmanne was in die eerste amptelike toets tussen die Springbokke en die USA Eagles in 1981, en op die koop toe nog die vlag self moes maak? Die toets is op 25 September in Glenville, New York, gespeel. Die Bokke het 38 - 7 gewen. Johan Rademan het met Thys Burger en Gysie Pienaar by die 1981-reünie gesels.

Vrydag 19 November 2021

Die Vlaamse klipkapper

Joost Pyck, oorspronklik van Vlaandere, is ‘n klipkapper van beroep. Hy het onlangs George se tolhuis help restoureer. Hy het al 'n boek in Afrikaans gepubliseer, en binnekort is daar nog een. Hy het 11 jaar lank op Oudtshoorn gewoon, en het nou nes geskop op Klapmuts. Haidee Muller-Isaacs het gaan kyk hoe hy klippe kap.

Vrydag 19 November 2021

Niewinsgewende rehabilitasiesentrum

Biokinetikus Rayno Klaassen vertel vir Martelize Brink van die die Enable Sentrum in Kenilworth, 'n niewinsgewende rehabilitasiesentrum wat mense ná bv. motorongelukke, toegang tot hulle dienste gee.

Donderdag 18 November 2021

Kliënte wou Bobby Ferreira nie laat gaan nie

Sowat drie jaar gelede het ons met die Baaienaar Bobby Ferreira gepraat, wat al 50 jaar lank die eienaar van sy eie gimnasium was, en op 82-jarige ouderdom steeds fiksheidinstrukteur vir sy kliënte. Toe Bobby aan die einde van 2019 wou aftree, het sy jarelange kliënte al sy oefenapparaat by hom gekoop, en op ‘n nuwe perseel met die Bobby Ferreira Gimnasium aangegaan. Woensdae is hy steeds hulle fiksheidsintrukteur. Mariska Spoormaker het hom daar gaan opsoek.

POTGOOI (aanddiens)

INTERAKTIEF

Volg ons op sosiale media: