15:00 - 15:05

Nuus

Nou op die lug: 15:05 - 17:45

Spitstyd

Met Willem Pelser

Willem Pelser

Volgende: 17:45 - 18:00

Brandpunt

18:00 - 18:10

Nuus & Weer

Tuis | Potgooi | Potgooi Episode

Soek nog potgooi

Driesestig

Vrydag 26 November 2021

Voetslaan sit in Peet (77) se gene

As daar nou ‘n man is wat jou enigiets van enige voetslaanroete in en om Nelson Mandelabaai kan vertel, dan is dit die 77-jarige Peet Claasen. Die plaaslike voetslaanklub, Voetsac, het hulle toekenning vir die klub se ywerigste voetslaner na hom vernoem. Mariska Spoormaker het saam met hom gaan stap om te hoor waar alles begin het.

Vrydag 26 November 2021

Janja se gewigsverlies

Dis baie maklik om raad te kry oor hoe om gewig te verloor. Die internet het ‘n legio diete, jou vriende het elkeen hulle eie resep. Die realiteit is egter vir baie van ons ‘n totale ander storie. Jacqui January gesels met Janja Wills, ‘n 35 jarige vrou wat 95 kg in drie jaar verloor het! Sy het egter weer 50 kg opgetel het, en die stryd duur voort.

Vrydag 26 November 2021

Geloofsgroepe mobiliseer teen geslagsgebaseerde geweld

Prof. Charlene van der Walt vertel vir Martelize Brink hoe die Faith Action Collective geloofsgroepe mobiliseer teen geslagsgebaseerde geweld.

Donderdag 25 November 2021

Oom Duggie se kroegstories

Haidee Muller-Isaacs kuier by Oom Duggie in die kroeg by die Klapmuts hotel. Oom Duggie was net 20 jaar oud toe hy by die hotel begin werk het in 1961. Hy is vandag 80 jaar oud, en Haidee het gaan inloer om na sy kroegstories te luister.

Donderdag 25 November 2021

Renosterveldbewaring

Grant Forbes vertel vir Johan Rademan en Martelize Brink van Renosterveldbewaring in die Overberg, en tegnologie wat nou daarmee help.

POTGOOI (aanddiens)

INTERAKTIEF

Volg ons op sosiale media: