15:00 - 16:00

Goue oues

Met Eloise Cupido

Nou op die lug: 16:00 - 19:00

RSG Sport

Met Johan Rademan

Johan Rademan

Volgende: 19:00 - 19:05

Nuus

19:05 - 19:15

Kiskenades

Tuis | Potgooi | Potgooi Episode

Soek nog potgooi

Hoe verklaar jy dit?

Saterdag 21 Desember 2019

Hoe verklaar jy dit?

Wanneer is 'n klein knaagdier 'n muis, en wanneer 'n rot? Kry 'n mens rotgrootte-muise of muisgrootte-rotte? Hoekom ry ons nie fiets om brandstof te bespaar nie? Watter nuwe ontdekkings is daar na dese in die paleontologie? Watter belangrike fossielfondse is gekry?

Saterdag 14 Desember 2019

Hoe verklaar jy dit?

Al gewonder hoekom ons griep en verkoue kry? Wat is die verskil tussen die twee? En wat het kamele met dit als uit te waai? Hoekom is honde en katte se kleintjies by geboorte so hulpeloos teenoor die van beeste en skape wat by geboorte alreeds kan loop. Bestaan daar argeologiese bewyse dat Moses wel geleef het?

Saterdag 7 Desember 2019

Hoe verklaar jy dit?

Hoekom voel dit dae ná 'n baie lang vlug, of jy nog in die vliegtuig is en so effe van balans af is? Het dit iets te doen met jou ore of jou brein? Stem die biologie saam dat pedofilie nie as 'n seksuele orientasie soos homoseksualiteit beskou kan word nie? Het die kliplewende vorme aanpassings ondergaan wat hulle tot klippe beperk? En is daar ook ander diere wat uitsluitlik tussen klippe lewe?

Saterdag 30 November 2019

Hoe verklaar jy dit?

Weet jy wat 'n analemma is? Hoekom vreet motjies so lekker aan jou sierstene? Wat het die sweet op 'n troepie se arm met 'n nag-vlieënde mot te doen? En, hoe kry 'n kameel dit reg om 'n boom vol dorings te vreet sonder om iets oor te kom?

Saterdag 23 November 2019

Hoe verklaar jy dit?

Wanneer jy van Johannesburg na Sydney vlieg, hoekom voel dit of jy inderwaarheid eers Antartika toe vlieg? En wat het die wind daarmee te doen? Hoekom werk insekdoders nie op jeukmyte nie? Is dit waar dat witdoodhaaie se getalle net plaaslik afneem?

POTGOOI (aanddiens)

INTERAKTIEF

Volg ons op sosiale media: