15:00 - 15:05

Nuus

Nou op die lug: 15:05 - 17:30

Sondag met Fritz

Met Fritz Klaaste

Fritz Klaaste

Volgende: 17:30 - 18:00

Spesiale uitsending

Met Elsje van Jaarsveld

18:00 - 18:10

Nuus & Weer

Tuis | Potgooi | Potgooi Episode

Soek nog potgooi

Hoe verklaar jy dit?

Saterdag 25 Januarie 2020

Hoe verklaar jy dit? 26 Januarie 2020

Waar en waarom het besnydenisse begin? 'n Mens kan myte nie gewoonlik met die oog raaksien nie, maar, het jy geweet daar bestaan myte wat tot 12 mm groot is, en dat die wyfiemyt tot 100,000 eiers kan lê? En het jy geweet dat mytekstrakte in Oosterse medisyne gebruik word, wat glo as hulpmiddel teen manlike onvrugbaarheid dien?

Saterdag 18 Januarie 2020

Hoe verklaar jy dit? 19 Januarie 2020

Het jy geweet 'n kameelperd kan in alle rigtings skop, kragtig genoeg om Oom Leeu dood te skop of selfs te onthoof as hy regtig wil? Hoe eet 'n kameelperd dorings sonder dat sy tong iets oorkom? Studies het getoon dat van die 200 000 rooivalke wat bering is sedert 1948, is net 3 ringe teruggekry. En van Dave se 550 rooivalke wat bering is, is een teruggekry. Sal 'n wyfie van Moskou na Suid-Afrika vlieg, verlief raak op 'n mannetjie van Madrid en saam met hom Spanje toe vlieg? Savel Daniels en Dave Pepler beantwoord die vrae.

Saterdag 11 Januarie 2020

Hoe verklaar jy dit? 12 Januarie 2020

Is daar lewe, soos ons dit ken, in die buitenste ruim? Hoe kry jy jou hande op brekfis-heuning sonder om die byekorf oop te maak? Ons gesels oor 'n oulike kontrêpsie wat 'n luisteraar daaroor ingestuur het.

Saterdag 4 Januarie 2020

Hoe verklaar jy dit? 5 Januarie 2020

As 'n perdevlieg op jou harige vel kom sit, voel jy niks tot na hy jou gebyt het nie. Hoe is dit dan dat jy dadelik 'n huisvlieg voel? Het jy geweet dat 'n naaldekoker se oë oor tot 28,000 fassette beskik, en dat die insek se vier vlerke onafhanklik van mekaar beweeg? Hoe is dit moontlik dat die oseane se vlak met selfs een meter sal kan styg as die ys op die pole smelt. Hoeveel kubieke kilometer water sal dan hiervoor nodig wees, en waar is daar so baie ys?

Saterdag 28 Desember 2019

Hoe verklaar jy dit?

Hoe werk die weerkaatsing van stemklank as jy in die middel van 'n sirkel staan, wat uitgelê is met klip, met net klipbankies en bossies rondom jou? Wat is die wetenskaplike verklaring daavoor? Al gehoor van visvangspinnekoppe, en kan spinnekoppe water drink? Het jy geweet as jy 'n insekdoder koop vir vlooie kan jy dit nie noodwendig op ander kruipende insekte gebruik nie?

POTGOOI (aanddiens)

INTERAKTIEF

Volg ons op sosiale media: