15:00 - 15:05

Nuus

Nou op die lug: 15:05 - 17:45

Spitstyd

Met Derrich Gardner

Derrich Gardner

Volgende: 17:45 - 18:00

Brandpunt

18:00 - 18:10

Nuus & Weer

Tuis | Potgooi | Potgooi Episode

Soek nog potgooi

Rand en sent

Saterdag 27 Junie 2020

Rand en sent 28 Junie 2020

Martiens Barnard van Momentum praat oor kognitiewe afwykings wat jou besluite beïnvloed, en die verskil tussen instink en 'n kritiese denkwyse. Marise Smit van Brenthurst Wealth vertel waarom jy na 'n finansiële adviseur moet gaan om jou te help met 'n plan vir jou aftrede. Richus Nel waarsku teen slenters van skelms, en gee wenke oor hoe jy 'n verneukspul kan identifiseer. En dr. Franco van Wyk van Comparisure gesels oor versekering tydens Covid-19.

Saterdag 20 Junie 2020

Rand en sent 21 Junie 2020

Div de Villiers van die Instituut vir Besigheidsadviseurs praat oor die ondersteuning wat hulle aan kleinsake-ondernemings bied, en doen 'n beroep op ander besighede om hulle ook te help. Ian Scott van Momentum Beleggings identifiseer moontlike beleggingsgeleenthede wat inflasie sal klop. En Louwrens Basson van Mazars praat oor die spesiale begroting wat weens Covid-19 geskep moes word.

Saterdag 13 Junie 2020

Rand en sent 14 Junie 2020

Hennie Heymans van DHL Express praat met Olivia Sambo oor e-handel in Afrika, en die moontlikhede vir groei in hierdie sektor. Dr. Franco van Wyk van Comparisure gesels oor sagteware wat ontwikkel word om menslike kommunikasie na te boots, en hoekom dit nou so 'n belangrike deel van jou besigheid moet wees. En Div de Villiers praat oor die Instituut vir Besigheidsadviseurs, en die ondersteuning wat hulle aan kleinsake-ondernemings bied.

Saterdag 6 Junie 2020

Rand en sent 7 Junie 2020

Richus Nel van PSG Wealth praat oor die moeilike finansiële besluite wat ons nou moet neem om kop bo water te hou. Herman van Papendorp van Momentum herinner ons daaraan dat mense die vermoë het om die ergste rampe te oorleef, en steeds voort te gaan. En Anta de Korte van die Departement van Arbeid gesels oor die Werkloosheidsversekeringsfonds.

Saterdag 30 Mei 2020

Rand en sent 31 Mei 2020

Richus Nel van PSG Wealth wys met berekeninge hoe 'n betalingsvakansie op jou huislening jou sal raak, en hoekom dit nie raadsaam is om dit te doen nie. Herman van Papendorp van Momentum praat oor die lae rentekoerse, en waar jy jou geld moet belê om die beste opbrengs te kry. En Regine le Roux van Reputation Matters praat oor die belangrikheid van jou werkers, en hoekom hulle die beste mense is om 'n ambassadeur vir jou maatskappy te wees.

POTGOOI (aanddiens)

INTERAKTIEF

Volg ons op sosiale media: