13:05 - 14:00

Top Treffers

Met Carla Mackenzie

Nou op die lug: 14:00 - 15:00

Vastrap

Met Willem Viljoen

Willem Viljoen

Volgende: 15:00 - 16:00

Goue oues

Met Eloise Cupido

16:00 - 19:00

RSG Sport

Met Johan Rademan

Tuis | Potgooi | Potgooi Episode

Soek nog potgooi

Rand en sent

Saterdag 18 April 2020

Rand en sent 19 April 2020

Dis onvermydelik dat die Covid-19 pandemie 'n negatiewe uitwerking op die wêreldekonomie sal hê. Richus Nel, 'n finansiële beplanner by PSG Wealth, en Herman van Papendorp, hoof van beleggings by Momentum, praat oor die ekonomiese impak van Covid-19. Hulle gee ook raad aan kleinsake-ondernemings en beleggers oor oorlewing in hierdie onsekere finansiële tye.

Saterdag 11 April 2020

Rand en sent 12 April 2020

Hoe onderskei jy tussen fopnuus en nuus wat van betroubare bronne kom? Jeanette Marais van Momentum Beleggings en Richus Nel van PSG Wealth probeer die vraag beantwoord. Hulle gee ook raad oor hoe jy die vrees van die Covid-19 pandemie onder beheer kan hou deur kalm te bly, en moedig ons aan om juis die tyd te gebruik om ons persoonlike finansies te hersien. Leonard Willemse van Mazars praat oor belasting en hoekom dit belangrik is dat almal deel moet hê aan die opbou van die land.

Saterdag 4 April 2020

Rand en sent 5 April 2020

Hoe pas jy jou salaris aan as jy nie gereeld 'n inkomste verdien nie? Marise Smit van Brenthurst Wealth gee raad oor hoe om te oorleef in onsekere finansiële tye. Leonard Willemse van Mazars vertel hoekom dit noodsaaklik is dat entrepreneurs uit die staanspoor uit hulle belastingsake in orde moet kry. Allan Hannie van Cliffe Decker Hofmeyer sê entrepreneurs móet 'n onderskeid tref tussen geld vir die besigheid en geld vir hullle persoonlike behoeftes. En Eugene Botha van Momentum kalmeer die senuwees oor die onsekerheid op die aandelemarkte.

Sondag 29 Maart 2020

Rand en sent 29 Maart 2020

Hoeveel dra ons as individue by tot die staatskoffers, en hoekom moet ons belasting betaal? Leonard Willemse van Mazars in Kaapstad beantwoord die vrae, en praat ook oor die spandering van die regering. Allan Hannie van Cliffe Decker Hofmeyer praat oor die administratiewe sy van klein sakeondernemings, en verduidelik hoekom finansiële geletterheid so belangrik is vir entrepreneurs.

Saterdag 21 Maart 2020

Rand en sent 22 Maart 2020

Is jy bekommerd dat jy nie genoeg geld sal hê wanneer jy aftree nie? Of dink jy dat jy nog jonk is, en aftrede net vir oumense is want jy het nog genoeg tyd om te beplan? Marise Smit van Brenthurst Wealth gee jou 'n dosis realiteit, maar ook aanmoediging om te begin spaar en minder skuld te maak. Eugene Botha van Momentum Belegggings wys ook dat dit 'n mite is dat jy moet wag tot jy ryk is of meer geld verdien, voordat jy begin spaar.

POTGOOI (aanddiens)

INTERAKTIEF

Volg ons op sosiale media: