23:10 - 23:59

Tjil

Nou op die lug: 23:10 - 23:59

Deurnag (Sondag)

Volgende: 06:00 - 06:10

Nuus & Weer

06:10 - 06:55

Oggendstemming

Met Tharien Oosthuizen

Tuis | Potgooi | Potgooi Episode

Soek nog potgooi

Rand en sent

Saterdag 8 Februarie 2020

Rand en sent 9 Februarie 2020

Omelia Hartzenberg van die Pensioenfonds vir Staatsamptenare vertel meer van die pensioenvoordele vir gades van lede van die fonds. Sy neem jou stap-vir-stap deur die dokumente wat nodig is, en hoe die fonds die verskillende soorte huwelike in Suid-Afrika benader. Ilse-Marie van de Wall van Serrsynergy praat oor die veiligheid in die werksplek, en hoekom dit so belangrik is om jou dokumentasie op datum te hou.

Saterdag 1 Februarie 2020

Rand en sent 2 Februarie 2020

Omelia Hartzenberg van die Pensioenfonds vir Staatsamptenare verduidelik wanneer die jaarlikse verhogings vir pensioenarisse in werking tree, en wie daarvoor in aanmerking kom. Olivia Sambo praat met Francois Lombard van Momentum oor die verband tussen beleggings en wyn.

Saterdag 25 Januarie 2020

Rand en sent 26 Januarie 2020

Olivia Sambo praat met Omelia Hartzenberg van die Pensioenfonds vir Staatsamptenare oor kinderpensioen. Hulle gesels oor die nuwe wetgewing, wie in aanmerking daarvoor kom, en die regte dokumentasie. Eric Jordaan van Crue Invest verduidelik wat finansiële ontrouheid is, en hoe om uit die strik van finansiële leuens te kom.

Saterdag 18 Januarie 2020

Rand en sent 19 Januarie 2020

Die week praat Olivia Sambo met Omelia Hartzenberg van die Pensioenfonds vir Staatsamptenare oor die veranderinge in die Egskeidingsreël. Sy verduidelik die implikasies vir jou as lid, en doen 'n beroep op lede om op hoogte te bly van veranderinge in die wetgewing. Sy deel ook belangrike inligting oor die dokumentasie en die eisproses.

Saterdag 11 Januarie 2020

Rand en sent 12 Januarie 2020

Olivia Sambo praat met Richus Nel van PSG Wealth, oor hoe jy jou denkwyse kan verander deur meer op positiewe ekonomiese ontwikkelinge te fokus. Hy praat ook oor die belangrikheid van 'n suksesvolle vennootskap tussen die regering en die sakesektor. En tienjarige Jamien Green deel sy reis na entrepreneurskap met ons.

POTGOOI (aanddiens)

INTERAKTIEF

Volg ons op sosiale media: