23:00 - 23:10

Nuus & Weer

Nou op die lug: 23:10 - 23:59

Tjil

Met Phil Loots

Phil Loots

Volgende: -

-

Tuis | Potgooi | Potgooi Episode

Soek nog potgooi

Rand en sent

Saterdag 4 Januarie 2020

Rand en sent 5 Januarie 2020

Olivia Sambo praat met Justin van der Berg van The Hive oor studentebehuising, die slenters wat bedrieërs gebruik om huurders om die bos te lei, en wat die rooi ligte moet laat flikker. Carla Obeholzer van Debtsafe het wenke oor beter finansiële beplanning, en Eric Jordaan van Crue Invest identifiseer uitgawes wat finansiële stres kan veroorsaak, en bied oplossings om die druk te verminder.

Saterdag 28 Desember 2019

Rand en sent 29 Desember 2019

Richus Nel van PSG Wealth herinner ons aan die goeie verwikkelinge in die land, en gee raad hoe jy as belegger kan kalm bly te midde van al die negatiewe nuus. En as jy die jaar op 'n hoë noot wil afsluit, gee Carla Oberholzer van Debtsafe en Eric Jordaan van Crue Invest raad oor hoe jy jou skuld kan verminder, sonder om oorweldig te voel.

Saterdag 21 Desember 2019

Rand en sent 22 Desember 2019

Walter van der Merwe van die Fedgroup Life praat oor die beste geskenk wat jy aan jouself kan gee vir die res van jou lewe. Carla Oberholzer van Debtsafe herinner ons hoekom ons nie die bure moet beny oor hulle skynbaar wonderlike lewe nie, maar eerder moet fokus op ons eie finansiële situasie. As jy beplan om huis te koop, en jy's onseker of dit 'n goeie belegging sal wees, werp Louis Fourie van Okandivi Properties Franchise lig op die onderwerp. En dis byna Kersfees, so Olivia Sambo gesels met Elsèbe Koorsen van Luxebox oor hoe persoonlik elke geskenk is wat sy voorberei vir haar kliënte.

Saterdag 14 Desember 2019

Rand en sent 15 Desember 2019

Omelia Hartzenberg van die Pensioenfonds vir staatsamptenare praat oor onopgeëiste voordele, en hoe jy kan uitvind of jy vir geld by die fonds in aanmerking kom. En verdrink jy onder jou kredietkaartskuld? Eric Jordaan van Crue Invest gee raad oor kredietkaarte, en hoe om te voorkom dat jy in die talle slaggate van skuld trap.

Saterdag 7 Desember 2019

Rand en sent

Omelia Hartzenberg van die Pensioenfonds vir Staatsamptenare praat oor bedrog, en wat jy kan doen as jy vermoed dat iemand bedrog pleeg. En Carla Oberholzer van Debtsafe gee wenke om die feesseisoen te oorleef, betekenisvolle geskenke te gee, en te bespaar op jou kersinkopies.

POTGOOI (aanddiens)

INTERAKTIEF

Volg ons op sosiale media: