23:10 - 23:59

Tjil

Nou op die lug: 23:10 - 23:59

Deurnag (Sondag)

Volgende: 06:00 - 06:10

Nuus & Weer

06:10 - 06:55

Oggendstemming

Met Tharien Oosthuizen

Tuis | Potgooi | Potgooi Episode

Soek nog potgooi

Rand en sent

Saterdag 14 Maart 2020

Rand en sent 15 Maart 2020

Johan Vorster van PPC sement praat oor onwettige invoere, en die nadelige uitwerking wat dit op die ekonomie het. Hy gesels ook oor die stand van die sementbedryf en die groot rol van die boustof in die konstruksiebedryf speel. Anton Roelofse van Business Partners praat oor bemarking en die gevolge van negatiewe blootstelling vir jou maatskappy.

Saterdag 7 Maart 2020

Rand en sent 8 Maart 2020

Eugene Botha van Momentum praat oor buitelandse beleggings, en hoekom dit so belangrik is om die regte vrae te vra wanneer jy jou geld wil belê. Weet jy hoeveel fooie daar op die belegging is, en watter uitwerking dit op jou opbrengste kan hê? Is jy die eienaar van 'n kleinsake-onderneming, maar het nie 'n benul wat bemarking behels en hoe om jou dienste of produk te adverteer nie? Anton Roelofse van Business Partners Limited gee raad oor effektiewe bemarking.

Saterdag 29 Februarie 2020

Rand en sent 1 Maart 2020

Rika Wedderburn van Pretoria is 'n gekwalifiseerde prokureur en tuisskoolouer, wat begin navorsing doen het oor emigrasie, nadat die behoefte ontstaan het om 'n nuwe begin in 'n ander land te maak. Sy deel haar ervarings en die foute wat sy gemaak het, en praat oor hoe die besluit haar familie geraak het. Sy deel sy ook wenke oor hoe om die regte agent te vind, en hoe om die emosionele tol van emigrasie te hanteer.

Saterdag 22 Februarie 2020

Rand en sent 23 Februarie 2020

Olivia Sambo doen 'n samevatting van die belangrikste punte wat genoem is in die reeks oor die Pensioenfonds vir Staatsamptenare.

Saterdag 15 Februarie 2020

Rand en sent 16 Februarie 2020

Omelia Hartzenberg van die Pensioenfonds vir Staatsamptenare praat oor die verouderde stelsel van lewenssertifikate, en hoekom dit steeds in sekere omstandighede gebruik word. Francois Lombard van Momemtum gee raad met beleggings, en wat 'n realistiese opbengs is.

POTGOOI (aanddiens)

INTERAKTIEF

Volg ons op sosiale media: