15:00 - 16:00

Goue oues

Met Eloise Cupido

Nou op die lug: 16:00 - 19:00

RSG Sport

Met Johan Rademan

Johan Rademan

Volgende: 19:00 - 19:05

Nuus

19:05 - 19:15

Kiskenades

Tuis | Potgooi | Potgooi Episode

Soek nog potgooi

Rand en sent

Saterdag 23 Mei 2020

Rand en sent 24 Mei 2020

Prof. Danie Meyer van Noordwes-Universiteit praat oor maniere om werkskepping te bevorder, en hoekom hy glo mense moet begin werk. Andrea Camphor van AgriSA gesels oor die hulp wat hulle verleen deur voedsel te skenk aan mense wat in die nood is. En Richus Nel van PSG Wealth deel sy siening oor die grendelmaatreëls, en bespreek die opsies wat die regering het.

Sondag 17 Mei 2020

Rand en sent 17 Mei 2020

Olivia Sambo praat met kenners oor die verskillende soorte belasting, en hoe die verligtingsmaatreëls deur die regering aangewend word om die belastingslas van maatskappye en kleinsake ondernemings te verlig tydens die Covid-19-pandemie.

Saterdag 9 Mei 2020

Rand en sent 10 Mei 2020

Marli Schnetler van OneDayOnly praat oor die impak wat die inperking op e-handel het, en hoeveel kleinsake-ondernemings gehelp kan word as die verbod op produkte opgehef word. Franzo Friedlich van Momentum Beleggings gesels oor bemarking tydens die inperking, en hoe kommunikasie en bemarking verander het.

Sondag 3 Mei 2020

Rand en sent 3 Mei 2020

Wat doen jy om finansieel te oorleef wanneer iemand wat afhanklik van jou is, ernstig siek word? En hoe weet jy of jy voldoende versekering het vir so 'n situasie? Richus Nel van PSG Wealth vertel watter impak dit op jou kan hê as 'n afhanklike siek word. Marise Smit van Brenthurst Wealth vertel wat dit beteken as jy ekstra geld op jou huisverband betaal. En prof. Danie Meyer van die Noordwes-Universiteit deel sy mening oor strukturele ekonomiese hervorming, en hoekom dit juis nou noodsaaklik is dat die regering die regte stappe moet doen om Suid-Afrika te herbou. See omnystudio.com/listener for privacy information.

Saterdag 25 April 2020

Rand en sent 26 April 2020

Prof. Danie Meyer van die Noordwes-Universiteit praat oor die Internasionale Monetêre Fonds en sy mening oor die aanwending van die stimuluspakket. Herman van Papendorp van Momentum gesels oor die uitwerking wat die lae rentekoerse op die ekonomie het, en hoekom dit nou 'n goeie besluit sal wees om jou skuld te betaal, as jy dit kan bekostig.

POTGOOI (aanddiens)

INTERAKTIEF

Volg ons op sosiale media: